Regspraak: Upholding the child’s right to be heard in contempt of court proceedings because a “child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning a child”
Regspraak: Upholding the child’s right to be heard in contempt of court proceedings because a “child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning a child”
Author: W Rosenberg
ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 578 – 588
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a12
Abstract
Hierdie saak het minagting van die hofverrigtinge behels waar ’n kontakooreenkoms, wat ’n bevel van die hof gemaak is, deur die respondente oortree is. As gevolg van die aard van die verrigtinge, is daar nie van die hof verwag om die kind se standpunt oor die kontakreëlings met die aansoeker te hanteer nie, en dit is die aspek van die verrigtinge wat hierdie nota ontleed. Hierdie nota is nie daarop gemik om die korrektheid van die beslissing van die hof te ondersoek nie, maar fokus meer op die feite en vrae wat die hof prima facie moes ontleed as die hof nie vasgehou het aan ’n voorafbepaalde formule vir minagting van hofverrigtinge nie. Die prosedure wat gevolg word in minagting van hofverrigtinge is van nature beperk. Artikel 28(2) van die grondwet bepaal: “’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.” Hierdie bespreking beheers elke tersake aspek. Dit sluit minagting van hofverrigtinge in waar ’n bevel oor kontak met ’n minderjarige betrokke is aangesien kontakreëlings en die oortreding daarvan direk “’n kind” in ag neem. Die beperkte omvang van minagting van hofverrigtinge het veroorsaak dat die hof twee belangrike feite mis wat ’n invloed op die kontakbevel kan hê en hierdie is eerstens dat die kind haarself in haar kamer toegesluit het. Sy het geweier om die aansoeker te sien. Tweedens is ’n bevel deur die hof a quo gemaak vir kontak onder toesig. Hierdie twee feite blyk belangrik te wees in die beskerming van die beste belange van ’n kind en word nie hanteer nie. Verder word die moontlikheid dat die respondente se optrede op “ouerlike vervreemding” neergekom het ook met omsigtigheid aangespreek omdat so ’n term as dit té ver geneem word, die kind se stem kan verdring. Ten aansien van die Nederlandse reg word artikel 809 van die Nederlandse Wetboek van Siviele Prosesrecht bespreek en die uitsluiting daarkragtens van kinders jonger as twaalf jaar van familieregtelike verrigtinge. Die ongekwalifiseerde verlaging van die ouderdomsperk mag miskien nie die antwoord wees nie, maar daar behoort herbesin te word oor die algehele uitsluiting van ’n kind se reg om gehoor te word in aangeleenthede waar die kind se belange wel ter sake is.