Regspraak: Liability for an omission in terms of section 60(1)(a) of the South African Schools Act – a comfortable victory against the state

Regspraak: Liability for an omission in terms of section 60(1)(a) of the South African Schools Act – a comfortable victory against the state

Author: Johan Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 547 – 564
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a10

Abstract

In hierdie saak waarin ’n prima facie oorweging van die feite daarop dui dat die eiser uit die staanspoor ’n goeie vooruitsig op sukses gehad het, is sy taak verder vergemaklik deur die wyse waarop die verdediging namens die eerste verweerder (die departement van onderwys in die Noord-Kaap) hanteer is, asook die feit dat die hof nie voldoende aandag aan die inhoud van artikel 60(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 geskenk het ingevolge waarvan die staat aanspreeklik gestel word vir deliktuele én kontraktuele skade wat voortvloei uit die bedryf van skoolaktiwiteite by openbare skole nie. Nadat T, die eiser se elfjarige seun, die skooltoilet besoek het, kon hy dit nie laat spoel nie weens ’n tekort aan water. Toevallig het hy ’n houer met suur waarmee verstopte riole oopgemaak word in ’n ander deel van die ablusiegeriewe ontdek en, onder die indruk dat dit water bevat, het hy dit probeer aanwend as spoelmiddel. Die drastiese chemiese reaksie wat daarop gevolg het, het sy nuuskierigheid geprikkel en saam met een van sy maats het hy ’n verdere eksperiment uitgevoer deur van die vloeistof in ’n urinaal te giet. Die uiteinde hiervan was dat die hewig spattende suur op hom beland het en ernstige  brandwonde veroorsaak het waarvoor hy mediese behandeling moes ontvang. T se vader het namens hom skadevergoeding gevorder van die eerste verweerder as politieke hoof van die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder wie se jurisdiksie die betrokke openbare skool geval het, asook van die werknemer (MK) wat die houer met suur tydens sy etensuur in die toiletgeriewe agtergelaat het. Die eis teen laasgenoemde is egter ter elfder ure laat vaar. In hierdie aangeleentheid het die hof heel oppervlakkig te werk gegaan om die eerste verweerder aanspreeklik te bevind. Ofskoon die aangeleentheid onteenseglik oor middellike aanspreeklikheid gehandel het, het die hof hom in wese nie daaroor uitgelaat nie en voortgegaan om die optrede van MK te toets aan die vereistes (elemente) van ’n onregmatige daad, te wete handeling, onregmatigheid, skuld (in casu nalatigheid), kousaliteit en nadeel. Om verstaanbare redes is daar bloot aanvaar dat daar aan die handelings- en nadeelvereistes voldoen is, terwyl daar in ietwat meer besonderhede op die oorblywende delikselemente gekonsentreer is om uiteindelik tot die gevolgtrekking te kom dat MK se versuim deur die houer met suur te laat waar dit binne die bereik van jong kinders was, aan al die deliksvereistes voldoen het en dat sy werkgewer derhalwe vir T se nadeel aanspreeklik is. ’n Besondere kenmerk van die uitspraak is dat daar bykans geen verwysing na stawende gesag voorkom nie. Die enkele verwysings na regspraak het gehandel oor ’n futiele verweer wat aangebied is. Wat egter hinder is dat daar ’n aanwending was van beginsels rakende onregmatigheid, nalatigheid en kousaliteit – delikselemente wat in die bestaande regspraak normaalweg behandel word met verwysing na oorvloedige gesag, gesien die kompleksiteit daarvan (veral wat betref onregmatigheid). Verder is die hof se aanwending van die breë boni mores onregmatigheidstoets nie te rym met die algemene benadering dat daardie toets alleenstaande slegs te pas kom wanneer daar nie toepassing van uitgekristalliseerde reëls moontlik is nie. In hierdie geval was die bekende beginsels van omissio per commissionem, beheer oor ’n gevaarlike voorwerp, kennis en begrip van moontlike nadeel en regsreëls as ontstaansbron van ’n regsplig om positief op te tree kennelik toepaslik. Die wyse waarop die hof die aanwending van die toets van die redelike persoon vir nalatigheid beskryf het, laat ook veel te wense oor. Wat kousaliteit betref, was daar geensins ’n vermelding van die onderskeid tussen feitelike en juridiese kousaliteit nie. Die wanindruk wat hierdie uitspraak uiteindelik laat, is dat die ingewikkelde beginsels rakende hierdie elemente eenvoudig geykte reg is. ’n Verdere gebrek in die uitspraak is te vinde in die hof se dubbelsinnige beskrywing van MK se diensverhouding: dit is onduidelik of hy ’n werknemer van die skool of die departement van onderwys was. Sou dit laasgenoemde wees, is die bevinding van aanspreeklikheid aan die kant van die onderwysdepartement te verstane. Indien MK egter in diens van die skool of die betrokke bestuursliggaam was, sou die gevolg heel anders kon uitspeel, aangesien artikel 60(1)(a) saamgelees met artikel 1 van die Suid-Afrikaanse Skolewet die departement van onderwys alleen aanspreeklik stel vir nadeel gely tydens skoolaktiwiteite, naamlik amptelike opvoedkundige, kulturele, ontspannings- of sosiale aktiwiteite van die betrokke openbare skool. MK se gedraginge wat tot T se beserings aanleiding gegee het, word by die eerste oogopslag nie deur daardie wetsbepaling gedek nie, met die gevolg dat óf die skool, óf die bestuursliggaam dan aanspreeklik sou kon wees. Daar bestaan egter enkele regterlike dicta waarvolgens dit wel onder die betrokke bepaling tuisgebring kan word. Die hof se versuim in hierdie verband kan egter daaraan toegeskryf word dat daar namens die verweerder aanspreeklikheid aanvaar is vir MK se optrede, ’n erkenning wat by nabetragting heel waarskynlik onwys was. Die metodiek waarvolgens die ratio decidendi geskryf is, is heel ongewoon en kan ernstig bevraagteken word. Waarskynlik was die hof daarop bedag om uitvoering te gee aan die 2018-voorskrif van ons hoofregter aan die regterspresidente om uitsprake kort en kragtig, en liefs nie vakkundig (“scholarly”) nie, te hou. Moontlik daarom vind ’n mens geen verwysing nie na regspraak as gesag by behandeling van die belangrikste aspekte van die saak wat verband hou met die vraag of MK se versuim wel aan al die deliksvereistes voldoen het. Daar word daarop gewys dat regters nie, soos in die onderhawige geval, deur hul uitsprake as nie rapporteerbaar nie te merk, sodanige uitsprake buite die sfeer van gelding van die stare decisis-leerstuk kan plaas nie. ’n Uitspraak soos die onderhawige bly steeds ’n bindende presedent.

Regspraak: Insolence, insubordination and employer authority: lessons from South Africa and the Netherlands

Regspraak: Insolence, insubordination and employer authority: lessons from South Africa and the Netherlands

Author: MJ Van Staden

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of the Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 564 – 577
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a11

Abstract

Die outeur oorweeg in die aantekening lesse wat uit beslissings in Suid-Afrika en Nederland te leer is oor die hantering van weerspannigheid en ongehoorsaamheid in die werkplek en die grense van die werkgewer se gesag. In Suid-Afrika en Nederland word weerspannigheid en ongehoorsaamheid geag ’n skending van die werknemer se plig daar te stel. Werknemers is verplig om hul persoonlike dienste tot die werkgewer se beskikking te stel en dit met omsigtigheid en bekwaamheid binne die konteks van die gesagsverhouding te doen. Werknemers moet respekvol teenoor hul werkgewers optree en werkgewers se redelike instruksies uitvoer. Met die bydrae word gepoog om te demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse en Nederlandse regbanke onlangse gevalle van weerspanningheid en ongehoorsaamheid hanteer het. Onlangse uitsprake in hierdie jurisdiksies het nuwe toepassings van bestaande beginsels van die arbeidsreg weerspanningheid wat verband hou met weerspannigheid, ongehoorsaamheid en die grense van ’n werkgewer se gesag waarvan werkgewers bewus moet wees. Eerstens word bevind dat, terwyl die onderskeid tussen parmantigheid en ongehoorsaamheid nuttig is, is albei konsepte ’n inbreukmaking op die werkgewer se gesag. Tweedens word bevind dat werkgewers gewoonlik nie arrogante of ongehoorsame werknemers summier kan ontslaan nie. Derdens word bevind dat ’n werkgewer se gesag ernstig uitgedaag moet word om ontslag te regverdig. Die gewraakte gedrag moet aanhoudend en opsetlik wees. Vierdens word bevind dat ’n werknemer slegs ontslaan kan word indien hy ’n werkgewer se gesag teëgestaan of verontagsaam het en indien die opdrag redelik en wettig was. Laastens moet die werknemer se reg op vrye uitdrukking afgeweeg word teen die werkgewer se reg om billik deur werknemers behandel te word en om werknemers opdrag te gee. Gevalle van weerspannigheid en ongehoorsaamheid is algemeen tot alle werkplekke en, as sodanig, is dit noodsaaklik dat werkgewers in staat moet wees om sulke gevalle op ’n regtens gepaste wyse te hanteer. Wanneer werknemers die grense van hul werkgewer se gesag uitdaag, kan dit lei tot nadelige gevolge vir beide werknemers en werkgewers. Werkgewers moet derhalwe bewus wees van die beginsels van die arbeidsreg wat verband hou met die dissiplinering en uiteindelike afdanking van weerspannige werknemers. Die gevallestudies hierin bespreek, asook die regsbeginsels wat daaruit afgelei word, kan derhalwe daartoe bydra om die negatiewe gevolge van weerspannigheid en ongehoorsaamheid in die werkplek te beperk.

Regspraak: Upholding the child’s right to be heard in contempt of court proceedings because a “child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning a child”

Regspraak: Upholding the child’s right to be heard in contempt of court proceedings because a “child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning a child”

Author: W Rosenberg

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 578 – 588
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a12

Abstract

Hierdie saak het minagting van die hofverrigtinge behels waar ’n kontakooreenkoms, wat ’n bevel van die hof gemaak is, deur die respondente oortree is. As gevolg van die aard van die verrigtinge, is daar nie van die hof verwag om die kind se standpunt oor die kontakreëlings met die aansoeker te hanteer nie, en dit is die aspek van die verrigtinge wat hierdie nota ontleed. Hierdie nota is nie daarop gemik om die korrektheid van die beslissing van die hof te ondersoek nie, maar fokus meer op die feite en vrae wat die hof prima facie moes ontleed as die hof nie vasgehou het aan ’n voorafbepaalde formule vir minagting van hofverrigtinge nie. Die prosedure wat gevolg word in minagting van hofverrigtinge is van nature beperk. Artikel 28(2) van die grondwet bepaal: “’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.” Hierdie bespreking beheers elke tersake aspek. Dit sluit minagting van hofverrigtinge in waar ’n bevel oor kontak met ’n minderjarige betrokke is aangesien kontakreëlings en die oortreding daarvan direk “’n kind” in ag neem. Die beperkte omvang van minagting van hofverrigtinge het veroorsaak dat die hof twee belangrike feite mis wat ’n invloed op die kontakbevel kan hê en hierdie is eerstens dat die kind haarself in haar kamer toegesluit het. Sy het geweier om die aansoeker te sien. Tweedens is ’n bevel deur die hof a quo gemaak vir kontak onder toesig. Hierdie twee feite blyk belangrik te wees in die beskerming van die beste belange van ’n kind en word nie hanteer nie. Verder word die moontlikheid dat die respondente se optrede op “ouerlike vervreemding” neergekom het ook met omsigtigheid aangespreek omdat so ’n term as dit té ver geneem word, die kind se stem kan verdring. Ten aansien van die Nederlandse reg word artikel 809 van die Nederlandse Wetboek van Siviele Prosesrecht bespreek en die uitsluiting daarkragtens van kinders jonger as twaalf jaar van familieregtelike verrigtinge. Die ongekwalifiseerde verlaging van die ouderdomsperk mag miskien nie die antwoord wees nie, maar daar behoort herbesin te word oor die algehele uitsluiting van ’n kind se reg om gehoor te word in aangeleenthede waar die kind se belange wel ter sake is.

Regspraak: Rei vindicatio teenoor terughoudingsbevoegdhede – ’n allegaartjie van verwarring

Regspraak: Rei vindicatio teenoor terughoudingsbevoegdhede – ’n allegaartjie van verwarring

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 588 – 602
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a13

Abstract

Some judgments do not instil confidence in the mastery of the legal principles that should have been applied. This is one. The rei vindicatio is the primary remedy for the owner who is reclaiming possession of his property from the defendant. The latter is at litis contestatio in control of the object of the claimant’s ownership. The claimant only needs to prove that he is the owner of the thing in question and that the defendant is currently in control of it – ie it is still in esse as an independent thing. It is not necessary for the claimant to prove that the defendant is in unjustified or illegal possession of the thing. If the defendant does want to rely on an alleged legal justification for his control over the object, then the onus is on him to prove it. In this matter, the bank as applicant alleges that it is the owner of a 2016 Hilux vehicle which is currently in control of the first respondent, a panel beater with some salvage interest as a towing service. The bank provided credit to the second respondent for the purchase of the vehicle in July 2016. However, despite the fact that the latter was in control of the vehicle as tenant for the bank as owner, the bank retained ownership over the vehicle until the last instalment had been paid. Because the ownership of the bank was not contested, the bank was not required to indicate how it had attained ownership over the vehicle. In general, banks do not partake in the sale of vehicles but merely finance the acquisition; in this matter it is not self-evident how the bank had acquired the ownership and by way of which derivative mode of acquisition.  The vehicle was towed by the panel beaters a week after the second respondent had taken delivery of the vehicle in question. It had been standing on the premises of the first respondent for almost seven years and it had been exposed to all the elements – it had thus depreciated daily. The second respondent had since defaulted on all his instalment obligations and his liability had increased monthly with the compound interest due. According to the acting judge, it seemed that the second respondent had abandoned the motor vehicle with no intention to pay. Only the holder of a right can abandon it, and at no point in time did the second respondent acquire ownership of this Hilux. Under the credit agreement, his liabilities cannot be unilaterally abandoned either – apparently abandonment does not come into play at all. Notwithstanding numerous requests by the bank to allow it to repossess the vehicle, the first respondent relied on an alleged lien to justify its continued possession. The so-called lien is alleged to be founded on either a tacit agreement or a salvage lien. Not only is it clear that no agreement ever existed between the bank as owner and the panel beater – irrespective of whether the second respondent, as alleged, had agreed to the tow-in service – but a lien can never be founded on an agreement. A lien is no pledge, and in the absence of a real agreement, no limited real right is acquired by the retentor as lien holder, even when all the requirements for a lien had been satisfied. In this case, none of the requirements for a lien had been met. Any agreement between the second and the first respondent in July 2016 would be res inter alios acta as far as the bank is concerned and such agreement cannot bind the bank as owner. Because the bank is contractually entitled to repossess its property without any damage from the buyer as tenant if the latter has defaulted (as in this case since 2016) the bank as owner cannot be enriched by any prolonged retention of its property by the panel beaters – it may only be impoverished. Notwithstanding the jumble of confusion uttered in the judgment, the court came to the correct decision and ordered the immediate release of the vehicle to the bank. In the process, the acting judge botched the relevant legal principles and even mixed-up the identification of the parties involved in this matter to the extent that this judgment does not encourage trust in the judiciary. Furthermore, the judgment should have been edited and proofread by the acting judge before it was posted and published on SAFLII – unfortunately the editing was badly done. In many instances, the reader cannot even guess what the acting judge intended to say. In the final formulation of the order, the second respondent, who was not even in court, was ordered to return the Hilux to the bank forthwith – although it had been standing on the premises of the panel beaters for almost seven years and was clearly not in possession of the second respondent – and the same second respondent was ordered to pay the cost of the suit. A court does have a discretion to compel a retentor to accept alternative security in the form of a guaranteed amount to cover any realistic proven claim, but in the meantime to discharge the object of the lien to the owner. Once the lien holder has fully quantified and proven his claim, he will be entitled to payment in respect of the improvements or safekeeping regarding the object of the lien to the lesser of either his impoverishment sine causa or the owner’s unjustified enrichment, if applicable. As soon as sufficient security has been tendered by the owner, the lien holder has no basis to continue retaining possession of the property and should discharge it to the owner. Although the bank, in this matter, offered to provide a guarantee that a realistic amount would be available to pay any proven claim by the panel beaters in a subsequent action against the bank, the court order does not refer to it at all, leaving the impression that no guarantee was ordered. It is submitted that, although this fact is not motivated in any sense by the acting judge, it was correct given the circumstances. No claim can be proven by the panel beaters against the bank founded on unjustified enrichment or the actio negotiorum gestorum as action resulting from the unauthorised management of the affairs of another. Due to the fact that the requirement of accessority was not met, there was no room to entertain a lien. Consequently, no guarantee to replace or discharge the unjustified lien could come into play.

Regspraak: Subpoena duces tecum in criminal trials and abuse of process

Regspraak: Subpoena duces tecum in criminal trials and abuse of process

Author: Murdoch Watney

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 602 – 610
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a14

Abstract

Die belangrike plig wat op lede van die gemeenskap rus om wanneer hulle daartoe in staat is, getuienis in howe te lewer en die reg wat litigante het om hulle op daardie bystand te beroep, is reeds telkens deur die howe bevestig (Meyers v Marcus 2004 5 SA 315 (K) par 22). Die Wet op Hoër Howe 10 van 2013, die Wet op Landdroshowe 32 van 1944, die reëls van daardie onderskeie howe en die Strafproseswet 51 van 1977 bevat omvattende bepalings om die teenwoordigheid van getuies te verseker. Benewens ’n getuiedagvaarding word ’n subpoena duces tecum aangewend om ’n getuie te dagvaar om boeke, stukke en dokumente aan die hof voor te lê. Hierdie proses is beskikbaar aan sowel die staat as die verdediging en ’n subpoena duces tecum kan ook aan die teenparty se getuie beteken word indien die getuie in besit is van dokumente waaroor die staat of verdediging voornemens is om te kruisondervra. Die applikante in Transasia Minerals (SA) (Pty) Ltd v Kunene (019883/2023) 2023 ZAGPPHC 216 (24 Maart 2023) het die hof op ’n dringende basis genader ten einde ’n subpoena duces tecum wat op ’n staatsgetuie beteken is deur die regsverteenwoordiger van die beskuldigdes in die streekhofverhoor van S v Kunene en Umsobomvu (Edms) Bpk, ter syde te stel. Die partye is reeds in jarelange regsgedinge betrokke wat verband hou met die verkoop van mineraalregte deur Kunene en Umsobomvu aan Transasia Minerals en Transasia 444. Sekere betalings is aan Umsobomvu gemaak, maar die kontrak is daarna gekanselleer. Transasia het daarop ’n strafsaak teen daardie partye geregistreer en ’n vervolging op aanklagte van diefstal en geldwassery is teen hulle ingestel en die vervolging het ’n aanvang geneem. Ná ’n lang verwyl kon Transasia 444 daarin slaag om ministeriële goedkeuring te verkry vir die oordrag van die regte aan Transasia Minerals. Deel van die beskuldigdes se verweer was dat die ministeriële  goedkeuring wederregtelik verkry is en dat ’n vervalste volmag in die proses aangewend is. Umsobomvu verkry ’n hooggeregshofbevel waarin die departement van minerale sake gelas word om die rekord van die ministeriële aansoek bloot te lê. Transasia doen hierop aansoek om die tersydestelling van dié bevel op ’n tegniese punt, maar die hof wysig bloot die bevel deur te gelas dat slegs die regsverteenwoordigers van Kunene en Umsobomvu toegang tot die dokumente mag verkry en nie ook die partye nie. Hierteen loods Transasia ’n aansoek om verlof om te appelleer na die hoogste hof van appèl. Die hooggeregshofbevel is daardeur outomaties opgeskort, hangende uitslag van die aansoek om verlof en indien toegestaan, afhandeling van die appèl. Intussen roep die staat ’n getuie van die departement van minerale sake in die streekhofverhoor. Die verdediging beteken daarop ’n subpoena duces tecum op die getuie ten einde ’n reeks dokumente aan die hof voor te lê, waaronder ook sommige van die dokumente waaroor die bovermelde dispuut handel. Transasia doen bygevolg aansoek om die subpoena ter syde te stel. ’n Laerhof beskik oor nóg die gemeenregtelike nóg die statutêre bevoegdheid om ’n getuiedagvaarding ter syde te stel. Slegs die hooggeregshof beskik oor daardie magte en sal dit slegs uitoefen indien daar misbruik van die geregtelike proses was. Na oorweging van die feitelike en regsposisie kom die hof tot die gevolgtrekking dat die uitreiking van die subpoena duces tecum inderdaad regsmisbruik daargestel het en word die aansoek toegestaan om die dagvaarding ter syde te stel. Daar word aan die hand gedoen dat die verhoorhof in die lig van die feite in die beste posisie sou wees om te besluit, nie alleen oor die relevansie en dus toelaatbaarheid van die dokumente nie, maar ook indien dit wel toegelaat sou word in getuienis, oor die korrekte proses om die dokumente te hanteer ten einde nie inbreuk te maak op die hooggeregshofbevel wat reeds uitgereik is en die hangende appèlproses nie. Dit blyk dat die hof nie behoorlike oorweging geskenk het aan die regsposisie ten aansien van blootlegging aan beskuldigde persone ingevolge die grondwet asook die benadering vasgelê deur die hoogste hof van appèl dat ’n hof versigtig behoort om te gaan by oorweging om ’n dagvaarding vanweë regsmisbruik ter syde te stel nie.