The impact of the European Union’s Succession Regulation on a multi-jurisdictional estate

The impact of the European Union’s Succession Regulation on a multi-jurisdictional estate

Authors Eben Nel

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the Nelson Mandela University, Port Elizabeth
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 601 – 612

Abstract

DIE EFFEK VAN DIE NUUTSTE POGING IN DIE EUROPESE UNIE OM OORGRENSBOEDELS TE HARMONIEER As gevolg van ‘n verskeidenheid plaaslike en internasionale faktore, beskik duisende Suid-Afrikaners oor bates in meer as een regsgebied. Die potensi\xc3\xable gevolge van eiendom in veelvuldige lande en die erfopvolging ten opsigte van daardie bates, moet nie deur boedelraadgewers en hul kli\xc3\xabnte onderskat word nie. Aspekte soos burgerskap, verblyfreg, die plek van die huwelikseremonie, die plek waar die persoon gewoonlik woonagtig is, asook die ligging van die onderskeie bates, moet in ag geneem word wanneer boedelbeplanning gedoen en testamente opgestel word vir diesulke partye. Die Suid-Afrikaanse testateur moet die plaaslike erfreg harmonieer met die re\xc3\xabls van beide die bepaalde regsgebiede waar sy bates gele\xc3\xab is, en enige relevante internasionale verdrae. In ‘n poging om oorgrens-erfopvolging in Europa te vergemaklik, is die Europese Unie se regulasie oor erfopvolging in 2012 uitgereik. Hierdie re\xc3\xabls is van toepassing op alle bates wat binne die grense van ‘n lidland gele\xc3\xab is, en word in die konteks van vorige pogings tot internasionale harmoni\xc3\xabring, soos die verdrae van Den Haag, in o\xc3\xabnskou geneem. In hierdie artikel word die belangrikste verbindingsfaktore in geval van boedels in veelvuldige jurisdiksies bespreek, asook die inhoud en toepaslikheid van die 2012 regulasie op die boedels van Suid-Afrikaanse burgers. Die leerstuk van keuse-van-reg en die potensi\xc3\xable gevolge van renvoi word ook kortliks ondersoek. Daar word gepoog om, aan die hand van ‘n feitestel, die potensi\xc3\xable problematiek wat ‘n oorgrensboedel teweeg mag bring, te illustreer. Dit is dikwels nodig vir ‘n testateur om afsonderlike testamente vir die onderskeie regsgebiede op te stel. Sodoende word verseker dat die verskillende administratiewe en regsvereistes in ag geneem word en aan uitvoering gegee kan word. Ter afsluiting, word ‘n aantal praktiese riglyne verskaf, wat, na die mening van die skrywer, in ag geneem moet word deur die raadgewer en opsteller van testamente vir persone met bates in veelvuldige regsgebiede.

An exposé of the value-added tax muddle in financial services in South Africa

An exposé of the value-added tax muddle in financial services in South Africa

Authors Thabo Legwaila

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 587 – 600

Abstract

DIE BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE TEN AANSIEN VAN FINANSI\xc3\x8bLE DIENSTE IN SUID-AFRIKA IS TANS ‘N WARBOEL VAN TEENSTRYDIGHEDE Belasting op toegevoegde waarde (BTW) van finansi\xc3\xable dienste is een van die mees komplekse aspekte aangaande BTW. In Suid-Afrika is finansi\xc3\xable dienste onderworpe aan ‘n gedeeltelike vrystelling van BTW. Aan die een kant is die lewering van finansi\xc3\xable dienste ‘n vrygestelde lewering en aan die ander kant is die fooie en kommissie op hierdie lewering ‘n belasbare lewering. Vervolgens is daar ‘n unieke stel re\xc3\xabls ten opsigte van die lewering van finansi\xc3\xable dienste. Die finansi\xc3\xable diensteverskaffer word geag ‘n verbruiker van dienste te wees, maar kan nie insetbelasting op die dienste gelewer, eis nie. Ten einde die probleem in hierdie verband te verlig, verskaf die Wet op Belasting van Toegevoegde Waarde ‘n toedelingsverhouding, wat toelaat dat finansi\xc3\xable diensteverskaffers ‘n deel van die insetbelasting op di\xc3\xa9 lewerings kan eis. Wanneer ‘n nie-inwoner dienste verskaf aan ‘n Suid-Afrikaanse inwoner, is die nie-inwoner verplig om vir BTW in Suid-Afrika te registreer, indien die waarde van die lewerings aan inwoners R1 miljoen oorskry. Die ontvanger van hierdie dienste is verplig om vir die BTW ten opsigte van die dienste wat gelewer is, verantwoording te doen indien die nie-inwoner nie as ‘n BTW-ondernemer geregistreer is nie en die ontvanger van die dienste nie daaruit belasbare dienste lewer nie. Die nakoming van hierdie bepaling kan moeilik wees as gevolg van onvoldoende inligting vanaf die ontvanger van die dienste of ten opsigte van die registrasiestatus van die nie-inwoner diensteverskaffer. Dit word verder bemoeilik deur die feit dat ‘n verskaffer wat verplig is om as ‘n BTW-ondernemer te registreer ‘n BTW-ondernemer is ongeag of hy of sy wel as sulks geregistreer is. Hierdie artikel analiseer die toepaslike bepalings ten opsigte van finansi\xc3\xable dienste. Die artikel oorweeg die gevolge van ‘n verhoging in die BTW koers van 14% na 15% en maak die gevolgtrekking dat alhoewel hierdie verhoging geen wesenlike finansi\xc3\xable invloed op BTW-ondernemers wat belasbare lewerings maak, het nie, dit ‘n invloed op finansi\xc3\xable dienste het na gelang van die toedelingsverhouding wat ooreengekom is met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die artikel tref verder ook ‘n bondige vergelyking met ooreenstemmende bepalings in verskeie jurisdiksies, hoofsaaklik lande in Afrika, om die kompleksiteit al dan nie van die Suid-Afrikaanse BTW-gevolge van finansi\xc3\xable dienste aan te dui. Die artikel kom tot die slotsom dat die BTW-gevolge van finansi\xc3\xable dienste regtens, ekonomies en administratief vir ‘n rede omslagtig is. STARE DECISIS "The doctrine of stare decisis is one that is fundamental to the rule of law. The object of the doctrine is to avoid uncertainty and confusion, to protect vested rights and legitimate expectations as well as to uphold the dignity of the court. It serves to lend certainty to the law. In those circumstances the bar that the Tribunal set itself to clear in this case was high. It made no attempt to clear it." \xe2\x80\xa6 "Accordingly, when the present case came to be argued in the High Court on 24 November 2014, there existed a judgment of the same court on the very point in issue. The principles of stare decisis required the judge to follow that decision unless satisfied that it was clearly wrong. The High Court disregarded that principle. It said in regard to the submission that the replacement legislation and its transitional provisions would have been unnecessary if invalidity had not taken effect from 17 June 2012 that: ‘The jury is still out on this submission.’ The jury was not out because a judgment had already been delivered on the point. Mothle J’s judgment was rejected on the basis that ‘it is not correct as it is inconsistent with the Constitutional Court’s judgment’. This approach was entirely incorrect" Patmar Explorations (Pty) Ltd v Limpopo Development Tribuna (1250/2016) 2018 ZASCA 19 (16 March 2018) par 4 and 7.

Food products and non-communicable diseases

Food products and non-communicable diseases

Authors Karunanidhi Reddy

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the Durban University of Technology
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 569 – 586

Abstract

VOEDSELPRODUKTE EN NIE-OORDRAAGBARE SIEKTES: IMPLIKASIES VIR DIE CONSUMER PROTECTION ACT 68 VAN 2008 Die voorkoms van sterfgevalle weens nie-oordraagbare siektes is besig om w\xc3\xaareldwyd te vermeerder en is tans een van die hoofoorsake van sterftes, veral in lae- en middel-inkomste lande. Suid-Afrika is geen uitsondering nie. In 2012 het 38 miljoen mense w\xc3\xaareldwyd van nie-oordraagbare siektes omgekom, hoofsaaklik van kardiovaskul\xc3\xaare siektes, diabetes, kanker en kroniese respiratoriese siektes. Statistiek wys dat in Suid-Afrika was 39% van alle sterftes in 2010 deur nie-oordraagbare siektes veroorsaak. Een van die veranderbare faktore wat tot nie-oordraagbare siektes lei, is ‘n swak dieet. Die sosio-ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika het gelei tot ‘n verandering in eetgewoontes. Die minder gegoede deel van die gemeenskap het van hul tradisionele eetgewoontes wegbeweeg na geprosesseerde voedsel wat die risiko van nie-oordraagbare siektes verhoog. Die W\xc3\xaareld Gesondheidsorganisasie is van mening dat ‘n strategie om die voorkoms van nie-oordraagbare siektes te verminder in algemeen geldende wetgewing en regulasies deur regerings onderneem moet word. Daar is weinig wetgewing in Suid-Afrika wat met kossoorte verband hou wat die risiko van nie-oordraagbare siektes kan verminder. Dit is dus noodsaaklik dat daar maatre\xc3\xabls ter bevordering van die verbruiker se beskerming in hierdie verband ingestel word. ‘n Bestaande voorbeeld is die Consumer Protection Act 68 van 2008 (wat nie op Afrikaans uitgegee is nie) wat so toegepas behoort te word dat die uitdagings met betrekking tot nie-oordraagbare siektes aanspreek word. Hierdie wet het ten doel om verbruikers te beskerm deur verskeie bemarkings- en besigheidspraktyke te verbied of te reguleer. Die wet verleen aan die verbruiker ook ‘n aantal regte en remedies. Hierdie artikel ondersoek die praktiese betekenis van die wet wat die regte van verbruikers betref en ondersoek ook die saamlopende verpligtinge van voedselverskaffers. Die artikel ondersoek verder die gesondheidsrisiko’s verbonde aan verskeie voedselprodukte, die etiketteer van voedselprodukte en die blootlegging van verbandhoudende gesondheidsrisiko’s op voedselprodukte se etikettering. Alle inligting aan die verbruiker aangaande die voedsel wat verkoop word, moet verder in ‘n eenvoudige en verstaanbare taal aangebied word. Die artikel identifiseer ook moontlike leemtes wat daar tans met betrekking tot voedselregulering bestaan. Omdat die wet nie al die aspekte van verbruikersbeskerming voldoende dek met betrekking tot nie-oordraagbare siektes nie, is daar ‘n groot behoefte vir meer eksplisiete wetgewing en gebiedende waarskuwings en openbaarmaking van die risiko van nie-oordraagbare siektes. Dit spesifiek kan meer effektief geskied met beter gereguleerde advertensies en etikettering. Onlangse pogings van die owerheid om verbruikers te beskerm teen voedselverwante nie-oordraagbare siektes deur wetgewing voor te stel rakende ‘n maksimum sout inhoud in sekere voedsel en ‘n "suikerbelasting" op versoete drank is opsigself nie voldoende nie. ‘n Allesomvattende wet van toepassing op alle voedselsoorte word benodig.

The parties to the employment relationship

The parties to the employment relationship

Authors Marius van Staden, Stefan van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg; Affiliated with the University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 539 – 568

Abstract

DIE PARTYE TOT DIE INDIENSNEMINGSVERHOUDING: ‘N VERGELYKENDE ONTLEDING Die identifisering van die partye tot die indiensnemingsverhouding is ‘n universele vraagstuk. Dit is dus gepas om die internasionale ervaring sowel as die ervarings van ander jurisdiksies te verken ten einde die Suid-Afrikaanse begrip daarvan te verhelder. Die bydrae verken hoe die standaarde van die Internasionale Arbeidsorganisasie lig kan werp op die vraag oor wie ‘n party tot ‘n indiensnemingsverhouding is. Die artikel verken relevante kwessies wat in ander regstelsels na vore gekom het. Die aspekte sluit onder andere in: definisies toepaslik tot die bin\xc3\xaare skeiding tussen werknemers en onafhanklike kontrakteurs; die verskil tussen werknemers en onafhanklike kontrakteurs; die toepaslikheid van die dienskontrak en faktore wat tersaaklik is vir die identifisering van ‘n indiensnemingsverhouding. Die bogenoemde vraagstukke word aan die hand van die regsposisies in Duitsland, Indi\xc3\xab, Kanada, Marokko, Namibi\xc3\xab, Nederland, Swaziland, Tanzani\xc3\xab, die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe toegelig. Die agt sleutelkonvensies wat die grondslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie se "decent work agenda" vorm, is op alle werkers van toepassing. Insgelyks geld verskeie ander internasionale arbeidstandaarde wat ondersoek is ten opsigte van alle werkers, hoewel sommige instrumente slegs op werkers wat as werknemers beskou kan word van toepassing is. Die Employment Relationship Recommendation, 2006 erken egter dat sommige werkers arbeidsbeskerming geweier kan word omdat hulle aan ‘n sekere werkskategorie behoort. In die besonder is dit geregverdig om onafhanklike kontrakteurs uit te sluit. Die ondersoek na die posisie in ander lande het getoon dat daar ander regs- en wetgewende reaksies tot die vraagstuk is. Terwyl die bestaan van die dienskontrak ‘n voorvereiste vir die bestaan van ‘n indiensnemingsverhouding in verskeie lande is, is daar voorbeelde waar die indiensnemingsverhouding sonder die sluiting van ‘n dienskontrak kan bestaan. In sommige lande bestaan daar geen wetgewende definisie van ‘n "werknemer" nie, terwyl ander lande uitgebreide definisies daarvan voorskryf. Verskeie lande ag sekere kategorie\xc3\xab van werkers as werknemers om sodoende enige onsekerheid oor hul status uit te klaar. Die regbank in verskeie lande sal die ware aard van ‘n werksverhouding handhaaf ten spyte van pogings om ‘n werkgewer, of werksverhouding, as iets anders uit te beeld. Die outeurs het ook die faktore ondersoek wat in ander lande aangewend word om die partye tot die indiensnemingsverhouding te bepaal. IN ‘N REGSTAAT KAN GEEN INMENGING DEUR ‘N MINISTER MET DIE ONAFHANKLIKE VERVOLGINGSGESAG GEDULD WORD NIE "Auf Ermittlungen Einfluss zu nehmen, weil deren m\xc3\xb6gliches Ergebnis nicht politisch opportun erscheint, ist ein unertr\xc3\xa4glicher Eingriff in die Unabh\xc3\xa4ngigkeit der Justiz" — Range (voormalige Generalbundesanwalt — hoof van die vervolgingsgesag) met sy voortydige pensioenering deur die minister van justisie, Maas (die huidige minister van buitelandse sake van Duitsland), toe die uitreiking van ‘n dagvaarding aan joernaliste om hul bron onder eed te openbaar in verband met ‘n terreurnetwerk waarteen opgetree moes word, as polities t\xc3\xa9 sensitief aangemerk is en Range, weens sy weiering om die minister se aanwysing te volg en die dagvaarding terug te trek, gevolglik vroeg gepensioeneer is (4-08-2015).

The effect of the transferor’s bankruptcy on the transfer of immovable property

The effect of the transferor’s bankruptcy on the transfer of immovable property

Authors Tiddo Bos

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 523 – 538

Abstract

DIE INVLOED VAN DIE OORDRAER SE INSOLVENSIE OP SY OORDRAGSHANDELING BY ONROERENDE GOED ‘n Skuldenaar wat insolvent raak, verloor sy beskikkingsbevoegdheid oor die vermo\xc3\xabnsbestanddele wat tot die insolvente boedel behoort. D\xc3\xadt volg uit artikel 20(1)(a) van die Insolvensiewet 24 van 1936. Hierdie bepaling beliggaam die inwerkingtreding van die concursus creditorum of die bevestigingsbeginsel in die insolvensieproses. Die outeur toon syns insiens met hierdie bydrae dat dit wel moontlik is dat die skuldenaar n\xc3\xa1 die intrede van die insolvensie in weerwil van die sogenaamde bevestigingsbeginsel \xc3\xb3f die inwerkingtreding van die concursus creditorum, steeds ‘n onroerende saak uit sy boedel regsgeldig kan vervreem. Di\xc3\xa9 moontlikheid bestaan omdat die registrateur van aktes die oordrag van ‘n onroerende saak kan voltooi nadat die sekwestrasiebevel reeds verleen is, maar voordat die registrateur berig ontvang het van die sekwestrasiebevel. Aangesien sodanige oordrag in die lig van die bevestigingsbeginsel nooit behoort plaas te gevind het nie, kan argumenteer word dat sodanige oordrag nietig is, of dat dit ter keuse deur die kurator vernietigbaar is. Dit is egter ook moontlik dat die oordrag as geldig beskou kan word. Die outeur bied in die bydrae argumente aan vir al die gemelde uitkomste, maar laat in die midde welke oplossing volgens die huidige Suid-Afrikaanse reg gevolg word. Die outeur betoog dat die erkenning van die geldigheid van die oordrag die mees wenslike uitkoms is. Di\xc3\xa9 oplossing is, met die oog op die belang van regsekerheid, na die mening van die outeur beter as ‘n uitkoms waarvolgens die bedenklike oordrag as vernietigbaar of nietig tipeer word. By die erkenning van die geldigheid van sodanige oordrag word die verkryger onvoorwaardelik (en onafhanklik van die wil van die kurator) die eienaar van die onroerende saak. Bowendien sal in die meeste gevalle die bedonge koopprys ho\xc3\xabr wees as die sogenaamde eksekusiewaarde van die saak. Handhawing van die transaksie verdien na die mening van die outeur die voorkeur selfs uit die oogpunt van die kurator en met inagneming van die belange van die ander skuldeisers van die oordraer se boedel. Indien die bedonge koopprys egter laer was as wat die te wagte eksekusiewaarde daarvan sou wees, moet die kurator oor ‘n remedie beskik om die dreigende waardeverlies van die boedel te verhinder. Die outeur betoog dat artikel 25(4) van die Insolvensiewet ‘n grondslag bied vir ‘n vordering deur die kurator ten behoewe van die boedel teen die verkryger van die onroerende saak indien die bedonge koopprys laer is as die eksekusiewaarde van die saak. Die outeur maak enkele aanbevelings wat toepassing kan vind ongeag die regstatus van sodanige oordrag van ‘n onroerende saak deur ‘n insolvent.