Establishing a test for social media misconduct in the workplace

Establishing a test for social media misconduct in the workplace

Authors Sershiv Reddy

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 789 – 819

Abstract

‘N DEFINISIE VIR SOSIALE MEDIA-MISBRUIKE IN DIE WERKPLEK Daar bestaan geen spesifieke wetgewing wat sosiale media-misbruike en misdrywe reguleer nie. Die skrywer poog om deur hierdie bydrae ‘n definisie daar te stel vir sosiale media-misbruike in die werkplek. Die bedkikbaarheid van so ‘n definisie of toets is nodig aangesien daar in arbeidsregregspraak geen eenvormigheid bestaan in die benadering wat gevolg word om te bepaal of sosiale media-misbruike inderdaad plaasgevind het nie. In die regspraak word die spanning tussen verskeie grondwetlike regte waaronder vryheid van spraak, die reg op menswaardigheid en die reg op privaatheid dikwels aangetoon. Nie alle gevalle wat verband hou met sosiale media-misbruike het egter die inbreukmaking op menswaardigheid as teenkant nie en die toets behoort bygevolg eerder te fokus op nadeel veroorsaak vir die werkgewer of mede-werknemers. Die skrywer toon aan dat sosiale media-misbruik ‘n wye misdaad daarstel waarby laster inbegrepe is. Daarby kan ingesluit word aanlynspraak wat nadeel aan ‘n ander veroorsaak en waarvoor geen regverdiging bestaan nie. Die skrywer is nie ten gunste van enige beperking op aanlynspraak nie, maar poog eerder om ‘n toets daar te stel wat arbeidsliggame en werkgewers kan aanwend om te bepaal of sosiale media-misbruike in die werkplek teenwoordig is. Die skrywer onderneem ‘n regsvergelykende studie met verwysing na die posisie in Australi\xc3\xab, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Alhoewel geen spesifieke sosiale media-wetgewing die posisie in enige van daardie jurisdiksies beheers nie, toon regspraak aldaar aan dat bestaande wetgewing sodanig ge\xc3\xafnterpreteer kan word om toepassing te vind op sosiale media-gevalle. Verskeie faktore word gestipuleer ten einde ‘n toets daar te stel vir sosiale media-misbruik. Hierdie faktore sluit in of daar regverdiging bestaan vir die publikasie, die effek op die werkgewer, of die publikasie in werksverband is, of daar ‘n verbreking in vertroue of verbreking in die werksverhouding ontstaan het en laastens word die potensi\xc3\xable reikwydte van die lesers in ag geneem. In Duitsland word ‘n bereidwilligheid geopenbaar om instede van die aanpassing van bestaande wetgewing eerder nuwe sosiale media-wetgewing te aanvaar ten einde die uitdagings aan te spreek. Die skrywer argumenteer ten slotte dat ‘n toepaslike toets vir sosiale media-misbruik in die werkplek behoort te fokus op die nadeel veroorsaak aan ‘n ander waarvoor geen regverdiging bestaan nie en deur ‘n bepaling van die redelikheid van die optrede van die persoon wat die materiaal gepubliseer het. Die toets behoort dus bygevolg ‘n afweging te behels van die kompeterende grondwetlike regte in die werkplek ten einde ‘n regverdige beoordeling van die optrede daar te stel. ‘N OPMERKLIKE GEBREK AAN ENIGE SINVOLLE REGSVERGELYKING DEUR JURISTE VANUIT DIE COMMON LAW-OMGEWING WORD TOENEMEND WAARGENEEM — IS DIT SLEGS WEENS ‘N BELEEFDE TAALBEHINDERING? "Ein rechtsvergleichender Blick hin\xc3\xbcber zum civil law wird leider nicht gewagt, sodass die Gefahr besteht, dass manche R\xc3\xa4der mehrfach erfunden werden" — Sonja Meier na aanleiding van haar bespreking van Lodder Enrichment in the Law of Unjust Enrichment and Restitution (2012) in 2017 Rabels Zeitschrift 921 924.

Harmonization of commercial law in the region of the Common Market for Eastern and Southern Africa

Harmonization of commercial law in the region of the Common Market for Eastern and Southern Africa

Authors Sieg Eiselen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 771 – 788

Abstract

DIE HARMONI\xc3\x8bRING VAN INTERNASIONALE HANDELSREG IN DIE COMESA-STREEK Met die globalisering van feitlik elke aspek van die moderne w\xc3\xaareld, is daar groter druk om ook op die terrein van die internasionale handelsreg groter eenvormigheid te bewerkstellig om oorgrenshandel te vergemaklik en groter regsekerheid te verskaf. In hierdie proses is daar verskeie moontlikhede om groter harmoni\xc3\xabring van die handelsreg te ontwikkel. Enersyds word die effektiefste moontlikhede met verwysing na streeksharmoni\xc3\xabring, soos in die Europese Unie en in die Organisasie vir die Harmoni\xc3\xabring van Handelsreg in Afrika, ondersoek en andersyds die internasionale harmoni\xc3\xabringspogings onder leiding van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg beoordeel. Met die groei van die internet word elektroniese oorgrenshandel toenemend belangrik. Daar word aangetoon dat die Modelwet vir Elektroniese Handel van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg ook al reeds wyd benut word om die harmoni\xc3\xabring van nasionale wetgewing te bewerkstellig en dat daar reeds lande in die streek is wat hulle wetgewing op die Modelwet geskoei het. Die New York Konvensie oor die Erkenning en Afdwinging van Arbitrale Toekennings van 1958 bied ‘n verdere voorbeeld van ‘n stuk wetgewing wat wyd inslag gevind het. Hierdie konvensie het regstreeks gesorg daarvoor dat internasionale arbitrasie vandag algemeen gebruik word omdat die afdwinging van toekennings met arbitrasie eenvoudiger is as met hofbevele. Meerdere lande in die streek is lede van hierdie konvensie. Die Weense Koopverdrag van 1980 bied ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n kommissie instrument wat w\xc3\xaareldwyd inslag gevind het en wat tans in beginsel die heersende wetgewing vir meer as 80% van w\xc3\xaareldkoophandel vorm. Streeksorganisasies soos die Organisasie vir die Harmoni\xc3\xabring van Handelsreg in Afrika, die Gemeenskaplike Mark vir Oos- en Suidelike Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen-skap (SADC) bied die beste moontlikhede om harmoni\xc3\xabringspogings te bevorder. Daar word aangetoon dat die benutting van die verskillende instrumente wat die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg reeds ontwikkel het die geskikste benadering tot die probleem van oorgrenshandel in hierdie streek bied omdat dit aansluit by bestaande en erkende internasionale praktyke, terwyl daar geen besondere goeie rede bestaan om nuwe streekswetgewing te ontwikkel nie. Die regstelsels in die streek is ook te uiteenlopend om ‘n eiesoortige oplossing te probeer ontwikkel soos wat in Franssprekende Wes-Afrika gedoen is.

The role of the lex loci contractus in determining contractual capacity

The role of the lex loci contractus in determining contractual capacity

Authors Eesa A Fredericks

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Leiden
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 754 – 770

Abstract

DIE ROL VAN DIE LEX LOCI CONTRACTUS IN DIE BEPALING VAN HANDELINGSBEVOEGDHEID Hierdie bydrae ondersoek die gepastheid van die lex loci contractus (die reg van die land waar die kontrak gesluit is) om die kontraktuele bevoegdheid van ‘n natuurlike persoon te beheers, hetsy eksklusief, hetsy saam met ander regstelsels (soos die reg van domisilie of plek waar die persoon gewoonlik woonagtig is en die objektiewe lex causae van die kontrak) onder ‘n alternatiewe verwysingsre\xc3\xabl. Die standpunte van outeurs, hofuitsprake en statut\xc3\xaare bepalings uit ‘n wye verskeidenheid van regstelsels word krities oorweeg. Dit blyk dat die lex loci contractus globaal ‘n besonder belangrike rol in die verband speel, selfs as prim\xc3\xaar toepaslike regstelsel. Kritiek teen die aanwending van die lex loci contractus is egter ook wydverspreid. Gevolglik handhaaf die meeste regstelsels sekere vereistes vir die toepassing van die lex loci contractus. Die belangrikste voorbeelde is moontlik artikel 12 van die Rome Convention on the Law Applicable to Contractual Obligations en artikel 13 van die Rome I Regulation on the Law Applicable to Contractual Obligations. Vier tipes moontlike voorwaardes vir die addisionele gelding van die lex loci contractus word afgelei uit die bepalings van veral kontinentaal-geori\xc3\xabnteerde regstelsels en instrumente: (a) die kontrak moes gesluit wees in die forumstaat; (b) die partye was in dieselfde land teenwoordig ten tyde van sluiting van die kontrak; (c) die forumstaat is die plek van prestasie ingevolge die kontrak en (d) geen skuld tref die party wat die kontrak wil afdwing nie. Wat betref vereiste (d) word daar onderskeid gemaak tussen die twee- en drie-stapmodel. Daar word vervolgens aandag geskenk aan die nie-toepassing van die lex loci contractus in verskeie regstelsels waar dit kontrakte betref wat verband hou met die erfreg, die familiereg of met onroerende goedere. Na ‘n opweging van al die argumente en gesag, stel die outeur voor dat ‘n natuurlike persoon geag moet word kontraktuele bevoegdheid te besit indien hy of sy ten tyde van die sluiting van die kontrak sodanige bevoegdheid gehad het ingevolge die lex loci contractus op voorwaarde dat (a) die partye in mekaar se fisiese teenwoordigheid was ten tyde van die sluiting van die kontrak of (b) die kontrak van ‘n terugkerende aard was met betrekking tot redelikerwys noodsaaklike goedere. Slegs die party wat nie die bevoegdheid ingevolge die lex loci contractus het nie, mag sodanige onbevoegdheid inroep. As ‘n uitsondering moet die sogenaamde Lizardi-re\xc3\xabl geld, soos ge\xc3\xafnspireer deur die Franse internasionale privaatreg. Indien die bevoegde kontraktant bewus was van die teenparty se onbevoegdheid ingevolge die reg van domisilie of van die plek waar die persoon gewoonlik woonagtig was ten tyde van die sluiting van die kontrak, of onbewus daarvan was as gevolg van nalatigheid, is die lex loci contractus nie van toepassing nie. Die onbevoegde party dra die bewyslas in hierdie verband. Die uitsondering behoort nie te geld met betrekking tot kontrakte van ‘n terugkerende aard insake redelikerwys noodsaaklike goedere nie. Die lex loci contractus behoort nie toegepas te word ten aansien van kontraktuele bevoegdheid met betrekking tot kontrakte wat verband hou met die familiereg, die erfreg of onroerende goedere nie.

Inheemse kennisstelsels, kulturele erfenisreg en regsbeginsels

Inheemse kennisstelsels, kulturele erfenisreg en regsbeginsels

Authors AWG Raath, PS Brits

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of the Free State
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 739 – 753

Abstract

INDIGENOUS KNOWLEDGE SYSTEMS, CULTURAL HERITAGE LAW AND LEGAL PRINCIPLES The National Heritage Resources Act 25 of 1999 gave the first step towards protecting indigenous knowledge. Section 5(7)(a) advances the principle that for purposes of the identification, evaluation and management of heritage resources all relevant cultural values and indigenous knowledge systems must be considered. Further provision for indigenous knowledge was made under the Patents Amendment Act 20 of 2005, by including reference to indigenous genetic material, the genetic potential or characteristics of any indigenous species, indigenous biological resource and traditional use. Under the Intellectual Property Laws Amendment Act 28 of 2013, the recognition and protection of indigenous knowledge as a species of intellectual property was taken further by providing for the protection of relevant manifestations of indigenous knowledge as a species of intellectual property. To this end the Performers’ Protection Act 11 of 1967; the Copyright Act 98 of 1978; the Trade Marks Act 194 of 1993, and the Designs Act 195 of 1993, were amended to advance the protection of indigenous knowledge. Terminology to identify the relevant protectable legal objects included terms such as "indigenous communities" and "traditional communities". Under the Copyright Act for example "traditional knowledge" is defined as work originating and acquiring traditional character from "indigenous communities". These terms were, however, not legally circumscribed and clearly defined for purposes of applying the law. In 2016 the Protection, Promotion, Development and Management of Indigenous Knowledge Systems Bill, 2015, took the protection of indigenous knowledge a step further by advancing the notion of indigenous knowledge systems as legal objects protectable by law. This article considers problematical aspects pertaining to the terminology used, the tenability of protecting knowledge systems as single legal entities, the possibilities of awarding ethnic groups legal personality and considers some of the implications thereof under South African cultural heritage law. In this regard the pertinent question is considered whether existing legal principles of public and private law could sufficiently be applied in protecting indigenous knowledge systems. To this end, Dworkin’s model of legal principles is used to advocate legal certainty in a highly politically volatile South African society in dealing with its diverse cultural heritage. RECHT ERKL\xc3\x84RT SICH NICHT VON SELBST Die regsvinding moet deur regsprekers in hul uitsprake behoorlik en geloofwaardig gemotiveer word, anders is dit ononderskeibaar van ‘n ongeloofwaardige opmerking van ‘n toevallige maghebber: "Den das Recht erkl\xc3\xa4rt sich nicht von selbst — Von der Justiz forderte der Verfassungsgerichtspr\xc3\xa4sident, sie m\xc3\xbcsse ihre Urteile, aber auch ihre Arbeitsweise besser erl\xc3\xa4utern" — Vo\xc3\x9fkuhle die huidige president van die Duitse konstitusionele hof soos aangehaal in die S\xc3\xbcddeutsche Zeitung (26-07-2018).

The role of reputation in trade mark infringement

The role of reputation in trade mark infringement

Authors S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 726 – 738

Abstract

DIE ROL VAN REPUTASIE IN AANTASTING VAN ‘N HANDELSMERK Hierdie artikel oorweeg die toepaslike rol wat die reputasie van ‘n handelsmerk moet speel by die beoordeling van ‘n beweerde inbreukmaking op ‘n handelsmerk in die Suid-Afrikaanse reg. Ons howe het daarin misluk om die kwessie behoorlik aan te spreek ten opsigte van die reputasie van ‘n handelsmerk in die vasstelling van die waarskynlikheid of daar wel misleiding of verwarring kan wees. Dit wil voorkom of daar geen konsekwentheid is in hoe ons howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg nie, wat lei tot ‘n skeiding tussen die verwarring-gebaseerde vorme van inbreukmaking op ‘n handelsmerk wat deur artikels 34(1)(a) en (b) van die Wet op Handelsmerke 194 van 1993 gere\xc3\xabl word, sowel as die uitgebreide beskerming gere\xc3\xabl deur artikel 34(1)(c) van die wet. In hierdie bydrae beweer die outeur dat die rede vir die inkonsekwentheid rakende die rol van die reputasie van ‘n handelsmerk gesoek moet word in die nalate om te herken dat die vasstelling van ‘n waarskynlikheid van verwarring vir doeleindes van artikels 34(1)(a) of (b) ‘n aparte vereiste is. Die vereiste om vas te stel of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan wees, moet nie saamgesmelt word met die toets of die relevante merke soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(a)), of die toets of die relevante goedere of dienste soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(b)), soos dit voorkom dit tans die geval is. Dit is in die vasstelling van die aparte vereiste of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan bestaan, wat die reputasie van ‘n handelsmerk ‘n relevante faktor is. Verder, wanneer die howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg, moet die howe nie die effek van die reputasie van ‘n handelsmerk op die waarskynlikheid van misleiding of verwarring vooraf beoordeel nie. Daar is geen logiese rede waarom die reputasie van ‘n handelsmerk noodwendig moet lei tot die gevolgtrekking dat daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring bestaan waar ‘n soortgelyke merk op mededingende produkte gebruik word nie. Hierdie behoort ‘n feitelike aangeleentheid te wees, afhangend, onder andere, van die spesifieke goedere of dienste en die relevante marksektor. UFGABE DES RECHTS — RICHTIG ZU SEIN "Es geh\xc3\xb6rt ebenso sehr zum Begriff des richtigen Rechts positive zu sein, wie es Aufgabe des positiven Rechts ist, inhaltlich richtig zu sein" — Gustav Radbruch Grundz\xc3\xbcge des Rechtsphilosophie (1914) 172.

An assessment of the emergent functions of virtual currencies

An assessment of the emergent functions of virtual currencies

Authors Wynand Spruyt

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 707 – 725

Abstract

DIE FUNKSIES VAN VIRTUELE GELD Die ontstaan van virtuele geldstelsels was ‘n unieke gebeurtenis in terme van die ontwikkeling van geld en betaling. Dit is nou vir die eerste keer moontlik om waarde op ‘n digitale wyse oor te dra aan enigiemand regoor die w\xc3\xaareld, sonder dat iemand sentrale gesag oor hierdie stelsel uitoefen of as tussenganger optree. Op hierdie basis word virtuele geld gereeld voorgehou as die begin van ‘n nuwe era van betaling — wat moontlik selfs ‘n nuwe konseptualisering verg van wat geld en betaling werklik is. In hierdie artikel word die funksies van virtuele geld ondersoek, ten einde bogenoemde veronderstelling te toets. Sulke funksies verteenwoordig dit waaraan hierdie stelsels werklik gevolg gee en dit waaraan hulle werklik gekenmerk kan word — in stede van blote aannames rakende die aard van die funksies daarvan. Die ontleding in hierdie artikel dui daarop dat virtuele geld nie tans werklik as geld funksioneer nie. Daar word aangevoer dat virtuele geld eerder as ‘n digitale kommoditeit dien — inderwaarheid meer vergelykbaar met ‘n digitale goudmunt, soos die Krugerrand. Vanuit hierdie perspektief verteenwoordig virtuele geld wel ‘n nuwe en unieke ontwikkeling, maar behoort die konsep daarvan nie totaal vreemd te wees vir die Suid-Afrikaanse reg en die algemene konsepte van wat geld en betaling is nie. Tweedens word daar aangevoer dat die identifisering van die funksies van virtuele geld spesifiek belangrik is in terme van die ontwikkeling van ‘n gepaste en effektiewe regulatoriese raamwerk. Die unieke en innoverende aard van virtuele geld skep wel nuwe geleenthede vir innovasie en ontwikkeling — maar bring ook talle nuwe risiko’s daarmee saam. ‘n Ontleding van die funksies van virtuele geld maak dit egter moontlik om die aspekte van hierdie stelsels te identifiseer wat die meeste risiko verteenwoordig. Dit maak dit verder moontlik om geleenthede te identifiseer om bestaande regulatoriese raamwerke ook in die konteks van virtuele geld aan te wend, deur ooreenkomste met bestaande finansi\xc3\xable stelsels uit te wys. Daar word in die laaste plek aangevoer dat dit op hierdie basis moontlik is om regulering te ontwikkel wat die werklike risiko’s wat virtuele geld verteenwoordig aanspreek, sonder om die innovasie en ontwikkeling wat met virtuele geld gepaard gaan onredelik te beperk. THEY ARE OBVIOUSLY DESTROYING THE STATE — A WARNING WORTH HEEDING AFTER 2300 YEARS "[S]uppose we say the people is the supreme authority, then if they use their numerical superiority to make a distribution of the property of the rich, is not that unjust? It has been done by a valid decision of the sovereign power, yet what can we call it save the very height of injustice? Again, if the majority, having laid their hands on everything, distribute the possessions of the few, they are obviously destroying the state. But that cannot be goodness which destroys its possessor and justice cannot be destructive of the state" — Aristotle — The Politics 3 10 (384-322 BC — transl Sinclair 1962 121-122).