The right to data portability: a ghost in the protection of personal information

The right to data portability: a ghost in the protection of personal information

Author: M Malahleka

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Communications and Change Management Support (Massmart/Walmart)
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 1-19
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a1

Abstract

Data-oordraagbaarheid is die vermoë om data tussen toepassings, programme, rekenaaromgewings of wolkrekenaardiensteplatforms te skuif. In ’n wolkrekenaarkonteks is data-oordraagbaarheid een deel van “wolkoordraagbaarheid”, wat dit vir datasubjekte moontlik maak om hul persoonlike inligting tussen wolkrekenaardiensverskaffers te skuif. Sonder data-oordraagbaarheid is ’n persoon se data slegs toeganklik deur die wolkrekenaarbediener waar dit gestoor word. Data-oordraagbaarheid vergemaklik ook die hergebruik van persoonlike inligting wat verantwoordelike partye verwerk deur ’n algemene doelbeheermeganisme van horisontale toepassing daar te stel.  Terwyl data-oordraagbaarheid die verwesenliking van innovasie en datasekuriteit bevorder, hou dit ook die risiko in dat persoonlike inligting in die verkeerde hande beland. Die oordrag van persoonlike inligting tussen diensverskaffers val binne die definisie van “verwerking” kragtens artikel 1 van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 en lei tot die toepassing daarvan. Met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting poog die wetgewer om die persoonlike inligting te beskerm wat deel vorm van die reg op privaatheid wat ingevolge artikel 14 van die grondwet verskans is. Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting verskaf egter nie uitdruklik ’n data-oordraagbaarheidsreg nie. Dié anomalie is vreemd, aangesien die wet ’n nabootsing van die algemene Europese Unie se databeskermingsregulasie is en wat datasubjekte in die Europese Unie data-oordraagbaarheidsregte bied as een van die noodsaaklike nuwighede vir databeskerming aldaar. Artikel 20 van die Europese Unie se algemene databeskermingsregulasie verskaf die reg op data-oordraagbaarheid ten einde die datasubjekte te bemagtig, data-interoperabiliteit te bevorder, insluitingseffekte op geslote platforms te voorkom en datasubjekte se bevoegdheid oor hul persoonlike inligting te versterk. Op versoek word daar van databeheerders vereis om persoonlike inligting aan die datasubjek te verskaf in ’n gestruktureerde, algemeen gebruikte en masjienleesbare formaat. Dit maak die gereguleerde oordrag van persoonlike inligting tussen wolkrekenaardienste moontlik.  Daar mag moontlik geargumenteer word dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting wel impliseer dat aan datasubjekte beskerming oor data-oordraagbaarheid verleen word. Die vraag is of dit voldoende is en werklik databeskerming waarborg. In hierdie bydrae word die aspekte ondersoek. Dit toon ook dat die huidige toestand waarin hierdie reg verskaf word, nie uitdruklik aan datasubjekte voldoende databeskerming ooreenkomstig die grondwet verleen nie.

Private closed-circuit television surveillance under the Protection of Personal Information Act 4 of 2013

Private closed-circuit television surveillance under the Protection of Personal Information Act 4 of 2013

Author: N Ismail

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Lecturer, Department of Practical Business Law, Faculty of Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 20-37
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a2

Abstract

Benewens alarmstelsels, elektriese heinings, diefwering en hoë mure, is dit ’n algemene praktyk vir Suid-Afrikaners om hul eiendom toe te rus met geslotekringtelevisie om hulself en hul eiendom te beskerm. Saam met die beskerming wat geslotekringtelevisie bied, kom ook ’n potensiële persoonlike bedreiging van die privaatheid van individue wat deur sodanige tegniese toerusting verfilm mag word en uit die beeldmateriaal geïdentifiseer kan word. Die onlangse Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting kan operateurs van sodanige tegnologie blootstel aan aanspreeklikheidsrisiko’s en potensiële boetes wat deur die inligtingsreguleerder opgelê mag word indien die verwerking van persoonlike inligting nie voldoen aan die vereistes wat in hierdie wet uiteengesit word nie.  Terwyl Suid-Afrikaanse howe nog nie die wet in hierdie konteks toegepas het nie, het die Europese geregshof reeds sekere aspekte uitgeklaar wat verband hou met geslotekringbedrywighede onder die databeskermingsriglyn van die Europese Unie van 1995. Aangesien die opstellers van die Suid-Afrikaanse Wet 4 van 2013 in die wetgewende proses na hierdie riglyn verwys het, en ook talle instrumente van die Europese databeskermingswetgewing oorgeneem het, kan die uitsprake van die Europese geregshof moontlik vir riglyne sorg wat by die uitleg in die verband aanwending mag vind. Die outeur beoog met hierdie bydrae om die vereistes vir die gebruik van geslotekringtelevisiekameras onder die Suid-Afrikaanse wet te bespreek. Eerstens word ontleed onder watter omstandighede videomateriaal wat deur kringtelevisie geskep is, neerkom op ’n sogenaamde verwerking van persoonlike inligting. Daarna word die praktiese relevansie van die sogenaamde huishoudelike vrystelling wat uitgesluit word van die toepassingsgebied van die wet, beoordeel, met inagneming van die leidende beslissing van die Europese geregshof in die Ryneš-saak. Verder word bespreek welke gronde vir die verwerking van persoonlike inligting ingevolge artikel 11(1) van Wet 4 van 2013 van toepassing kan wees. Daarbenewens word ondersoek of die verantwoordelike partye verplig word om die datasubjek in te lig oor sekere aspekte van die verwerking van die persoonlike inligting sowel as die reg van die datasubjek vir die behoud van gestoorde beeldmateriaal.

Man’s best friend: what damages can you get for the loss of your pet?

Man’s best friend: What damages can you get for the loss of your pet?

Author: S Fick

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, University of Western Cape
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 38-59
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a3

Abstract

’n Hond is die mens se beste vriend. Mense is mal oor hulle troeteldiere. Baie mense ag hulle troeteldiere as deel van die familie. Hulle neem dikwels die rol van kinders aan. Nietemin, wanneer so ’n geliefde troeteldier beseer of gedood word, sal baie eienaars geskok wees om te vind dat hulle nie die miljoene kan eis wat hulle glo hulle troeteldier werd is nie. Ingevolge die huidige Suid-Afrikaanse reg sal ’n eienaar van ’n troeteldier waarskynlik met min wegstap. Troeteldiere word as regsobjekte of eiendom geklassifiseer. ’n Persoon kan gewoonlik slegs vermoënskade (ekonomiese verlies) vir die verlies van hulle eiendom eis. Dit word bepaal deur objektiewe faktore, soos markwaarde en herstelkoste. Die markwaarde van ’n gesin se troeteldier is gewoonlik min. In Suid-Afrika is daar geen gerapporteerde regspraak waarin persone skadevergoeding probeer eis het vir die verlies van hulle troeteldiere nie. Die howe kon dus tot dusver nie die huidige reg in hierdie gebied toets of ontwikkel nie. In die Verenigde State van Amerika het howe egter al talle sulke sake aangehoor. Gevolglik het die reg in hierdie area ontwikkel. In hierdie bydrae ondersoek die outeur die huidige regsposisie in sommige van die Amerikaanse deelstate om te bepaal waarop eisers daarvolgens geregtig sou wees ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Daar word in die besonder gelet op die vraag of eisers soortgelyke skadevergoeding sou kon eis (of behoort te kan eis) as wat in van die Amerikaanse deelstate beskikbaar is. Die outeur meen dat die ondersoek belangrik is aangesien Suid-Afrikaanse howe moontlik binnekort sulke eise sal moet aanhoor. In die artikel word gefokus op drie soorte skadevergoeding beskikbaar in van die Amerikaanse deelstate: skadevergoeding vir vermoënskade, emosionele skadevergoeding en bestraffende skadevergoeding. Ten opsigte van vermoënskade vind die outeur dat eienaars van troeteldiere in die ondersoekte Amerikaanse deelstate by verlies van hulle troeteldiere, meer as bloot die markwaarde van hulle troeteldiere kan eis. Hulle word toegelaat om die “werklike” waarde van hulle troeteldiere te eis, wat insluit die vervangingswaarde, koste van inenting en sterilisasie. Geen sodanige eis is klaarblyklik in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die outeur stel voor dat in die Suid-Afrikaanse reg ’n soortgelyke vorm van skadevergoeding erken behoort te word.  Ten opsigte van emosionele skadevergoeding, vind die outeur dat sodanige skadevergoeding selde toegestaan word in die ondersoekte Amerikaanse regspraak, veral wanneer die nadeel nalatig veroorsaak is. Dit is grootliks as gevolg van die feit dat troeteldiere as eiendom geklassifiseer word. In die Suid-Afrikaanse reg word ’n soortgelyke eis vir emosionele skadevergoeding erken as skadevergoeding vir emosionele skok. Soortgelyk aan die regsposisie in Amerika, is dit onwaarskynlik dat in die Suid-Afrikaanse howe skadevergoeding vir emosionele skok weens die verlies van ’n troeteldier erken sal word – veral wanneer die skade nalatig veroorsaak is. Met verwysing na bestraffende skadevergoeding bevind die outeur dat sodanige eise steeds erken word in die ondersoekte Amerikaanse regstelsels en dat iemand wie se troeteldier kwaadwillig gedood is moontlik geregtig sal wees op bestraffende skadevergoeding. In die Suid-Afrikaanse reg word bestraffende skadevergoeding nie erken nie en dit is onwaarskynlik dat bestraffende skadevergoeding vir die verlies van ’n troeteldier toegestaan sal word.

Responding to the call for legislative development to alleviate the challenges with wage deduction as civil debt enforcement mechanism in South Africa: formulating a cohesive emolument attachment order act

Responding to the call for legislative development to alleviate the challenges with wage deduction as civil debt enforcement mechanism in South Africa: formulating a cohesive emolument attachment order act

Author: S Van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior lecturer, Stellenbosch University Law Clinic
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 60-78
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a4

Abstract

Krediteure se voorkeur vir die Suid-Afrikaanse besoldigingsbeslagleggingsbevel as ’n siviele skuldinvorderingsmetode kan waarskynlik onder andere toegeskryf word aan die vatbaarheid daarvan vir ernstige debiteure-uitbuiting. Hierdie misbruik het die afgelope dekade uitgebreide ingryping deur die howe en wetgewer genoodsaak. Ten spyte van die positiewe wysigings aan die Wet op Landdroshowe in 2018, geniet besoldigingsbeslagleggingsbevel-debiteure steeds nie voldoende beskerming teen uitbuiting nie. In hierdie verband is verskeie beroepe gedoen op organisasies soos die regspraktykraad, die wetgewer en die howe, wat waardevolle geleenthede verbeur het om die saak van besoldigingsbeslagleggingsbevel-skuldenaarbeskerming te bevorder. Hierdie beskerming ontbreek veral waar besoldigingsbeslagleggingsbevele uitgereik is voor die vereiste geregtelike toesig en daarna apaties daartoe afgedwing word. Hierdie situasie stel gewetenlose invorderingsagentskappe in staat om eensydig enige en alle koste wat hulle kan vervaardig teen die debiteur te hef, aangesien hierdie koste gewoonlik nie takseer of geverifieer word na die uitreiking van ’n besoldigingsbeslagleggingsbevel nie.  Pogings om hierdie misbruike reg te stel, is met groot weerstand begroet en was grootliks onsuksesvol. Sowel die regspraktykraad as die howe, en spesifiek die hoogste hof van appèl, het versuim om die dringende heersende bekommernisse aan te spreek deur die verantwoordelikheid vir regstellende stappe voor die deur van die wetgewer te lê. Die skrywer stem saam dat die mislukkings in hierdie verband nou wetgewende ingryping noodsaak. Trouens, die besoldigingsbeslagleggingsbevel-proses het ’n dringende behoefte aan verdere wetgewende hervorming, spesifiek gefokus op gevorderde skuldenaarbeskerming.  In hierdie bydrae word gereageer op die oproep om wetgewende ingryping deur wetgewende ontwikkeling voor te stel om die ernstige en heersende kommer met die besoldigingsbeslagleggingsbevel-stelsel te verlig. Die omvang van die vereiste wetgewende ontwikkeling en die rol van die omvattende omgewing word oorweeg, voordat die spesifieke inhoud van die voorgestelde ontwikkeling bespreek word. Die skrywer bepleit wetgewende herstrukturering in die vorm van die ontwikkeling en proklamasie van ’n nuwe wet, die voorgestelde Wet op Besoldigingsbeslagleggingsbevele, met omvattende regulasies wat uitsluitlik toegewy is aan die regulering van die besoldigingsbeslagleggingsbevel-meganisme en die relevante proses.

The essential religious practices test used by the judiciary in India: restricting or advancing the constitutional protection of religious freedom?

The essential religious practices test used by the judiciary in India: restricting or advancing the constitutional protection of religious freedom?

Author: R Henrico

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor in the Department of Public Law and Jurisprudence, University of the Western Cape
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 79-95
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a5

Abstract

Godsdiensvryheid word in Indië, onderhewig aan bepaalde beperkings soos openbare orde, sedelikheid en gesondheid, grondwetlik beskerm. Die ryk kulturele samestelling van die Indiese gemeenskap, deurtrek van ’n menigte godsdienstige gelowe en praktyke, het aanleiding gegee tot kommer dat sekulêre aangeleenthede wat met godsdienstige praktyke geassosieer kan word, nie van regulering deur die staat vrygestel moet word nie. Die uitdrukking “wesenlik godsdienstig”, wat bedoel was om die sekulêre van die godsdienstige aangeleenthede te onderskei, moes die basis vorm vir wat bekend sou word as die noodsaaklike godsdiensbeoefeningstoets.  Die Indiese hooggeregshof is die beskermheer van die grondwet. Ten spyte daarvan dat dit geen regsplegingsmagte ten opsigte van sosio-ekonomiese regte het nie, het die hof die voormelde oor die jare afgedwing, en daardeur bygedra tot maatskaplike hervormings. Aanvanklik aangewend as “wesenlik godsdienstig”, was die toets later toegepas as “noodsaaklik vir godsdiens”. Toepassing van die toets deur die howe het in sekere gevalle ook bygedra tot verskeie sosiale hervormings, alhoewel die legitimiteit van die toets steeds ’n bron van onsekerheid is. In watter vorm ook al toegepas, bevraagteken dit die nimlike basis waarop die howe – as beskermers van die grondwetlike reg op godsdiensvryheid – wettig ’n teologiese of kerklike rol kan aanvaar deur aan hulself die mag, kundigheid en wysheid toe te eien om te besluit wát wel deel behoort te vorm van ’n godsdienstige geloof en oortuiging, en wat ’n noodsaaklike of nie-noodsaaklike gebruik van ’n sekere godsdiens is. Godsdienstige oortuigings en gelowe is subjektief van aard. Hulle kan vreemd, onlogies, irrasioneel, onrealisties of selfs bygelowig wees. Tensy in stryd met ander fundamentele menseregte, verdien dit grondwetlike beskerming. Die grondslag waarop ’n hof voorgee om irrasionele verskynsels te beoordeel deur sy eie siening op die geval af te dwing met verwysing na rasionele beginsels, letterkundige en skriftuurlike bronne, laat ruimte om die regsgeldigheid van howe en hul betrokkenheid by leerstellige aangeleenthede te bevraagteken.

Aantekeninge: Die internet of things en afstandbeheerde afskakel van toestelle – kontrakteervryheid en ander geykte regsbeginsels by spolie, vergeet en/of verwar?

Aantekeninge: Die internet of things en afstandbeheerde afskakel van toestelle – kontrakteervryheid en ander geykte regsbeginsels by spolie, vergeet en/of verwar?

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 96-113
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a6

Abstract

The internet of things enables the owner or possessor of devices (ie movable property) to remotely disable them when they are under the unlawful physical control of unauthorised persons. In this article the author reviews more that 2 000 years of legal history to show that those erstwhile authorised holders who ceased to be such holders and still have the devices under their unlawful physical control are not treated by the law as lasting possessors with long lasting status as possessors in durable and peaceful possession who are able to bring the mandament van spolie against the owner or possessor for an order to reactivate the devices. The same applies to the thief caught red-handed by the owner, the latter is not the spoliator but the spoliatus. Freedom to contract is one of the fundamental competencies of legal subjects who have attained majority. Unless a contractor is exercising the alleged freedom in a way that is in conflict with public policy, contracting parties are free to construct the clauses to their agreement at will, and a contracting party cannot plead mala fides after representing to his/her counter-party consensus with the terms of their agreement. Since Roman law times an owner can come to an agreement with a subject renting his property on the terms of the rent agreement. The owner of a car may rent his vehicle to the lessee after agreeing on what the daily rent will be, how many kilometres will be included in the daily tariff and what every additional kilometre will cost. It may also be agreed that the rented vehicle may not be used for cross-border travel because of the risk of hijacking involved and it may be agreed that any breach of the contract will entitle the owner to switch off the engine management system via a built-in remote control system to prevent any further use of the vehicle in contravention of the terms of the contract. Many a secondary or tertiary institution has incorporated into the terms and conditions of the agreement with its students, governing the use of the tablets or computers provided by the institution to the disadvantaged students who are unable to acquire their own devices, the possibility of remotely freezing the device when it is misused or fraudulently being disposed of to a third party under the guise of alleged theft by an unknown person. The disabling of the device should not be classified as spoliation by the institution as the real spoliatus if it was agreed that the student will merely hold the device on behalf of the owner as legal possessor.  Although it has been the legal position since Roman law times that the lessee in principle only holds the rented object on behalf of the owner as the legal possessor, nothing prevents a risk-averse owner from including ex abundanti cautela a clause in the agreement stating that he retains possession throughout the rental period and the lessee only acts as his vassal or holder exercising the corpus element of possession on behalf of the owner as legal possessor. The owner will throughout the term of the rent have the animus domini and the lessee merely the animus tenendi.  If in such circumstances the lessee in contravention of the stated terms of the agreement does enter the prohibited border-crossing area with the rented vehicle, he should not be heard to complain about spoliation if the owner uses the agreed-to remote-control function to prevent the vehicle from crossing the border. In reality the owner as spoliatus was merely exercising contra spolie to regain control over his vehicle after the erstwhile lessee had spoliated the owner by this clandestine change in the lessee’s animus from the animus tenendi to the animus rem sibi habendi without the consent of the owner and in contravention of the well-known rule nemo sibi ipse causam possessionis mutare potest. The erstwhile lessee should not be sanctioned in his self-righteous conduct as the active spoliator by a successful application to court for the mandament van spolie. Up to the clandestine change of his animus the lessee had never been in peaceful undisturbed legal possession of the vehicle or computer device. A spoliation order against a party other than the spoliator is logically beyond the scope of the purpose of the mandament to prevent a person from taking the law into his own hands, because he was merely the holder on behalf of the owner while the owner was throughout the legal possessor.  The only remedies available to the erstwhile lessee should be contractual remedies if he asserts that the owner acted in breach of the contract by remotely switching off the vehicle engine management functions. A spoliation order is not available if it is being used to enforce a merely personal right, such as a contractual right of a lessee to use the rented object in accordance with the lease agreement. The risk of long court delays should also not be shifted onto the prudent owner in such circumstances, resulting in the erstwhile lessee continuing to self-righteously misuse the property of the lessor with the added risk that when the latter does succeed to court in three years’ time the vehicle is long lost and unretrievable after the illegal border crossing and the erstwhile lessee is a hopelessly insolvent peregrinus. The same principles apply when the breach of contract is founded on any other misconduct of the lessee. Notwithstanding a clear term incorporated in the applicable rent agreement allowing the owner of the Scania trucks forming the crux of the case under discussion, in its sole discretion to be entitled to terminate the rental agreement forthwith by a relevant breach of contract, to remotely disable the vehicles and take immediate possession of the abandoned disabled vehicles at the cost of the hirer, the court awarded the erstwhile lessee the mandament van spolie against the owner who disabled and retrieved its vehicles after a clear breach of contract by the erstwhile lessee. It bodes ill for institutions and owners of property made available to their students or lessees who are by agreement merely holding on behalf of the owner as legal possessor if this unconvincing decision should be seen as a new precedent regarding contra spolie. The legal possessor can never simultaneously be defined as the spoliator of his own property that was per agreement to be held by another as his vassal if the latter in reality clandestinely changed his animus tenendi and by doing so acted as the legal spoliator against the owner as spoliatus. The court order against the owner to return the trucks and their keys, with the operating systems activated, to the applicant’s possession who has not been in possession before the spoliation, is unconvincing.