Aantekeninge: An update of recent labour law developments from South African courts 2024

Aantekeninge: An update of recent labour law developments from South African courts 2024

Author: MJ Van Staden

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of the Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 733-784
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a7

Abstract

Labour law is constantly evolving, with new cases and legal developments shaping how we understand and apply the law. This annual update, now in its sixth year, highlights and analyses significant labour law cases handed down between June 2023 and May 2024, focusing on their impact on legal science. Over the past year, courts have grappled with various complex issues related to employment rights. These cases have resolved disputes between parties and set important precedents that will guide future legal decision-making and scholarship. This update explores the key holdings and reasoning of these landmark cases and their implications for employees, employers and the broader legal landscape. The update aims to deepen our understanding of labour law and its practical application in the modern workplace. The cases discussed in this update have been carefully selected based on their potential to shape legal theory, challenge existing assumptions and spark new avenues of research.

Aantekeninge: A renewed call for a wider recognition of the pactum successorium in light of recent developments

Aantekeninge: A renewed call for a wider recognition of the pactum successorium in light of recent developments

Authors: Henk Kloppers and Anel Gildenhuys

ISSN: 1996-2207
Affiliations: North-West University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 785-801
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a8

Abstract

Behoudens ’n vererwingsklousule in ’n geregistreerde huweliksvoorwaardekontrak en ’n donatio mortis causa wat aan testamentêre formaliteite voldoen, word alle ander vorme van erfopvolgingsooreenkomste (pacta successoria of pactum successorium as die enkelvoud) as onafdwingbaar beskou. Die vernaamste hedendaagse besware teen die erkenning van die pactum successorium is die beperking van testeervryheid waar die individu van die geleentheid om vererwing deur ’n testament te bewerkstellig ontneem word en die moontlike omseiling van testamentêre formaliteite soos voorgeskryf in artikel 2 van die Wet op Testamente 7 van 1953. Alhoewel verskeie outeurs oor die jare heen (veral in die 1980’s en 1990’s) vir ’n verslapping van die streng verbod op die erkenning van die pactum successorium betoog het, blyk dit dat die howe nie ten gunste van sodanige verslapping is nie. Die pactum successorium was die onderwerp van twee onlangse uitsprake (Oosthuizen v Barnard (20665/2021) 2023 ZAGPPHC 30 (24 Jan 2023) en Lotter v Trustees for Time Being of Phildi Trust (13754/2023) 2024 ZAWCHC 158 (7 Junie 2024)) in die konteks van skikkingsooreenkomste wat in egskeidingsbevele geïnkorporeer is. In beide sake het die howe die vestigingstoets (soos geformuleer in Jubelius v Griesel NO 1988 2 SA 610 (K) en goedgekeur in McAlpine v McAlpine 1997 1 SA 736 (HHA)) toegepas en tot die gevolgtrekking gekom dat die onderskeie erfopvolgingsklousules in die skikkingsooreenkomste inderdaad pacta successoria daarstel, en aangesien dit nie binne die erkende uitsonderings val nie, is die klousules by verstek onafdwingbaar. As kritiek teen die kunsmatige benadering wat deur die howe gevolg word, probeer die outeurs van hierdie bydrae voortbou op die vorige oproepe vir die wyer erkenning van die pactum successorium in die lig van algemene ontwikkelinge wat sedert die 1980’s en 1990’s plaasgevind het, spesifiek met verwysing na die moontlike insluiting van ’n derde erkende vorm van die pactum successorium naamlik ’n erfopvolgingsklousule in ’n egskeidingskikkingsooreenkoms, welke ooreenkoms ’n bevel van die hof gemaak is. Formaliteite, statutêre beperkings en onlangse uitsprake wat testeervryheid beperk, sal uiteengesit word om die huidige primêre besware teen die pactum successorium (soos genoem ’n beperking op testeervryheid en die omseiling van testamentêre formaliteite), te betwis. Met verwysing na die uitsprake in die Oosthuizen- en Lotter-sake kom die outeurs tot die gevolgtrekking dat, gegewe die formaliteite verbonde aan die insluiting van ’n skikkingsooreenkoms in ’n egskeidingsbevel, sodanige ooreenkomste as ’n derde uitsondering op die streng verbod teen die erkenning van die pactum successorium beskou moet word.

Regspraak: State delictual liability for police wrongdoing – judicial failures and errors

Regspraak: State delictual liability for police wrongdoing – judicial failures and errors

Authors: B Wessels

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 802-811
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a9

Abstract

In hierdie saak het ons weer eens te make met ’n eiser wat probeer om die minister van polisie middellik aanspreeklik te hou vir ’n delik wat deur een van sy werknemers gepleeg is. Dit is ’n voorbeeld van ’n saak waarin die werknemer iets doen wat ons kan beskryf as strydig met, of afwykend van, die take waarvoor die persoon aangestel is. Inderdaad, die pleeg van ’n geweldsmisdaad deur ’n polisieamptenaar is ooglopend strydig met die terme van sy of haar indiensneming. In sodanige gevalle behoort die hof die sogenaamde standaard-toets vir middellike aanspreeklikheid toe te pas. Dit sou behels dat daar vasgestel moet word of daar, ongeag die feit dat die werknemer subjektief gesproke opgetree het in die nastrewing van sy of haar eie belange, vanuit ’n objektiew oogpunt, ’n genoegsame noue verband getrek kan word tussen die delik en die werkgewer se doelwitte of besigheid. Die feite van die saak het die hof genoop om die gevestigde regsbeginsels, soos geformuleer en voorgeskryf deur die standaardtoets vir afwykingsgevalle, toe te pas. Die uitspraak gaan gebuk onder heelwat gebreke. In die eerste instansie is daar ’n versuim om die nodige feitelike omstandighede te skets. Dit maak dit baie moeilik vir die leser om die hof se argumente te volg. Voorts het die hof nie daarin geslaag om dit as ’n afwyking-saak te sien nie, met die gevolg dat die korrekte regsvraag nie geidentifiseer is nie. Inteendeel, die regsvraag wat die hof indentifiseer, skep die indruk dat middellike en direkte aanspreeklikheid met mekaar verwar is. Dit verras daarom ook nie dat die uitspraak nie die relevante regsbeginsels op ’n samehangende wyse beskryf of toepas nie. In die algemeen moet dit as ’n swak uitspraak beskou word. Die vonnisbespreking lig enkele van die swak punte uit in die hoop dat soortgelyke foute in die toekoms vormy kan word. In die finale instansie word daar ook in die bespreking enkele breë en algemene opmerkings gemaak oor die praktiese uitdagings en teoretiese implikasies van die staat se uitdyende deliktuele aanspreeklikheid.

Regspraak: The court’s power to appoint a liquidator in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008

Regspraak: The court’s power to appoint a liquidator in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008

Authors: WJC Swart and Andre Boraine

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 812-822
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a10

Abstract

In Berlein v Salisburg Landy (Pty) Ltd ((3330/20) 2023 ZAMPMBHC 52 (26 Sept 2023)) het die hof ’n likwidateur kragtens artikel 163(2)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008 aangestel. Die beslissing word gekritiseer eerstens omdat regshulp kragtens artikel 163(2) toegestaan is sonder dat ’n aansoek op grond van artikel 163 voor die hof gedien het. ’n Hof het geen diskresie om regshulp kragtens artikel 163(2) uit te oefen alvorens die gronde in artikel 163(1) bewys is nie. Tweedens het die hof ten spyte van die wye diskresie wat dit ingevolge artikel 163(2) geniet, ’n likwidateur aangestel terwyl daar verskeie alternatiewe en meer gepaste vorms van regshulp tot die hof se beskikking was wat minder drastiese gevolge vir die maatskappy en ander belanghebbendes sou inhou. Die feite en beslissing in hierdie saak lig sekere probleme en potensiële probleme met betrekking tot die formulering van artikel 163(2)(b) van die wet toe. Artikel 163(2)(b) van die wet wat die hof magtig om ’n likwidateur aan te stel, word vergelyk met artikel 241(3)(b) van die Kanadese Corporations Act (RSC 1985 c C-44) en artikel 233(2) van die Australiese Corporations Act 2001. Die regsposisie in Engeland word ook oorweeg. Die gevolgtrekking word gemaak dat alhoewel die regshulp in die laasgenoemde bepalings in die Kanadese en Australiese reg oënskynlik soortgelyk is aan die regshulp wat in artikel 163(2)(b) vervat is, is daar belangrike verskille in die formulering daarvan. Die bewoording van artikel 163(2)(b) van die wet is boonop uit pas met ander bestaande Suid-Afrikaanse regsbeginsels en statutêre bepalings in die volgende opsig: In Suid-Afrika word ’n likwidateur aangestel deur die meester van die hooggeregshof en nie deur ’n hof nie. Kragtens artikel 163(2)(b) kan ’n likwidateur aangestel word wanneer dit vir die hof voorkom dat die betrokke maatskappy insolvent is. Die bewoording van hierdie artikel is problematies, aangesien die hof blykbaar nou die likwidasie van ’n maatskappy kan beveel sonder enige konkrete gronde of bewyse dat die maatskappy insolvent is. Daar word gevolglik geargumenteer dat die hof se vertolking van artikel 163(2)(b) foutief is aangesien die hof nagelaat het om artikel 163(2)(b) saam met die gronde vermeld in artikel 163 te lees. Die hof se bevinding dat blote bewerings van wanbestuur aanduidend is van ’n maatskappy se insolvensie wat ’n bevel kragtens artikel 163(2)(b) regverdig, word ook krities onder die loep geneem. Die outeurs beveel enkele wysigings tot artikel 163(2)(b) aan.

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness

Author: Sadulla Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 823-841
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a11

Abstract

Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede daarvan dat die hoogste hof van appèl met die uitspraak in Dart Industries Inc v Botle Buhle Brands (Pty) Ltd duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid meebring, het die hof slegs verdere onsekerheid en verwarring geskep. Nie alleenlik is die verkeerde standaard (’n toets gebaseer op waarneming (“perception”)) vir onderskeibaarheid deur vorige gebruik aangewend nie, maar daar is ook ’n standaard wat verkil (’n toets gebaseer op vertroue (“reliance”)) wat gebruik word om inherente onderskeibaarheid te bepaal. Daar word aangevoer dat die korrekte toets wel die een is wat op vertroue gebaseer is. Om die vereiste van reputasie vir doeleindes van aanklamping te bewys, is ’n verdere standaard, dit wil sê ’n toets gebaseer op erkenning-enassosiasie gebruik. Daar word aangevoer dat daar ’n koherensie (of samehangendheid) moet wees tussen die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid wat gebruik word vir handelsmerke en dié wat gebruik word vir aanklamping. As daar nie so ’n koherensie is nie, sal dit lei tot die soort onreëlmatige situasie wat duidelik is in die Eco Botle-saak, waar die hof – met inagneming van dieselfde kenmerke van ’n produk – bevind het dat die vorm van die bottel nie die nodige onderskeibaarheid vir handelsmerkdoeleindes verkry het vir registrasie as handelsmerk nie, maar het die nodige reputasie (of onderskeibaarheid) gehad vir doeleindes van aanklamping. Daarbenewens het die hof in National Brands Ltd v Cape Cookies CC nie bevredigende leiding gegee nie oor die effek wat die betwiste handelsmerk op die betrokke verbruikers moet hê vir doeleindes van inbreukmaking op ’n handelsmerk, byvoorbeeld deur verwatering – veral as die onderskeie goedere verskil en daar geen waarskynlikheid van misleiding of verwarring is nie. ’n Beginselvaste en koherente benadering tot die kwessie van die onderskeibaarheid van handelsmerke moet gevolg word. Die standaard vir die onderskeibaarheid van handelsmerke moet verband hou met vrae oor (moontlike) skending van ’n erkende handelsmerk, byvoorbeeld, moontlike verwatering van handelsmerke, en aanklamping. As daar verskille is, moet daar grondige redes wees om enige verskille te steun. ’n Toets, gebaseer op vertroue, word as die gepaste standaard vir die bepaling van onderskeibaarheid voorgehou.