Exploring the interrelationship between the responsibility to protect and the principle of complementarity in Africa
Authors Justin Ngambu Wanki
ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with South African Institute for Advanced Constitutional, Public, Human Rights and International Law (SAIFAC)
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 820 – 838
Abstract
DIE ONDERSOEK NA DIE ONDERLINGE VERHOUDING TUSSEN DIE VERPLIGTING OM TE BESKERM EN DIE BEGINSEL VAN KOMPLEMENTARITEIT IN AFRIKA: KONSEPTUELE DUBBELSINNIGHEDE EN AANVEGBARE AANNAMES In hierdie artikel argumenteer die outeur dat beide die verpligting om te beskerm en die beginsel van komplementariteit gehul is in konseptuele dubbelsinnighede. Die aanname dat hierdie twee konsepte straffeloosheid kan aanspreek en geregtigheid in Afrika kan laat se\xc3\xabvier, is vir die outeur aanvegbaar. Die feit dat die Afrika Unie se vergadering van staatshoofde verantwoordelik is vir ingryping in Afrika in growwe menseregteskendings is selfdienend, spesifiek omdat die vergadering nie in situasies sal ingryp wat moontlik een van die staatshoofde sal impliseer nie. Die beginsel van komplementariteit op sy beurt gee mag aan staatshoofde ingevolge die beginsel van soewereiniteit, wat vervolging verder kan frustreer. Erger nog, staatshoofde kan op die beginsel van komplementariteit staatmaak as ‘n meganisme om politieke teenstanders na die internasionale strafhof te verwys vir die pleging van internasionale misdade, en sodoende raak hulle ontslae van hul teenstanders in die politieke arena. Wanneer die internasionale gemeenskap ‘n besluit neem om ‘n dienende staatshoof in Afrika te vervolg vir internasionale misdade, bestaan daar ‘n moontlikheid dat hierdie benadering slagoffers se lewens verder kan bedreig. Terwyl growwe menseregte skendings vervolg moet word, is die benadering van die internasionale strafhof om dienende staatshoofde te vervolg, vir die outeur bedenklik. ‘n Manier moet gevind word om sowel vrede te vestig as geregtigheid te laat se\xc3\xabvier vir die onthalwe van ontelbare slagoffers van internasionale misdade sonder om misdadigers in die kussings te vrywaar van vervolging. Die outeur fokus op die konseptualisering van die onderlinge verhouding tussen die verpligting om te beskerm, ingevolge artikel 4(h) van die Afrika Unie se Konstitutiewe Statuut, en die beginsel van komplementariteit in Afrika. Verder word daar ook op spesifieke konseptuele teenstrydighede en dubbelsinnighede gefokus. Daarna word sekere aanvegbare aannames oor die twee konsepte bespreek, en beide konsepte word ingevolge staatsverantwoordelikheid en die konsep van geregtigheid hersien. Die artikel sluit af deur gepaste maatre\xc3\xabls aan te beveel wat sal verseker dat persone verantwoordelik vir internasionale misdade aanspreeklik gehou word op ‘n wyse wat verdere growwe menseregte- skendings sal bee\xc3\xafndig en voorkom. GEBREK AAN VERTROUDHEID MET DIE REGSMATERIE LEI TOT ABORTIEWE REGSVINDING "Ik kan het toch niet laten om uit de hele saga de les te trekken dat het Arbitragehof door zijn bevoegdheidsomschrijving zowel als door zijn samenstelling niet het geschikte orgaan is om het specifieke soort evenwicht in regeling te realiseren dat het privaatrecht moet kenmerken. Het enorme gebrek aan vertrouwdheid met die materie maakt dat in de arresten die betrekking hebben op vermogensrechtelijke vragen de overwegingen een hoog Pythiagehalte hebben en een heleboel constructieve elementen van het door de eeuwen heen gegroeide bouwsel van het privaatrecht duidelijk aan de aandacht ontsnappen. Kortom, de spreekwoordelijke olifant in de porseleinwinkel. De bevoegdheid die het Hof zichzelf heeft gegeven om na te gaan of regels van privaatrecht een billijk evenwicht inhouden tussen schuldeiser en schuldenaar, leidt er bovendien ook toe dat het privaatrecht door de compleet vertekenende en nog steeds bijziende bril van artikel 10 GW wordt bekeken (natuurlijk, het perspectief van de leden van de wetgevende macht is nog stukken beperkter; maar die kan je dan tenminste nog wegstemmen). Daarmee is niet gezegd dat hoogste rechtscolleges geen rechtsvormende rol in het privaatrecht kunnen en moeten spelen; maar de quasi totale afwezigheid van privatisten in ons Arbitragehof contrasteert dan ook sterk met hun meerderheid in vele andere grondwettelijke hoven" Matthias Storme "Borgtocht en verschoonbaarheid, een Gordiaanse knoop" De Juristenkrant (20-10-2004).