Institutional design in deeply divided societies

Authors Bertus de Villiers

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 285 – 302

Abstract

INSTITUSIONELE ONTWIKKELING IN DIEP-VERDEELDE GEMEENSKAPPE: SUID-AFRIKA EN KOSOVO EN LESSE VIR GRONDWETLIKE ONTWIKKELING IN ONTLUIKENDE DEMOKRASIE\xc3\x8b — DIE KIESSTELSEL Die ontwikkeling van grondwetlike instellings vir ontluikende demokratiese stelsels word telkens gekonfronteer met die vraag of die grondwetlike instellings uitdruklik die diversiteit van die bevolking moet reflekteer? Daar is, algemeen gesproke, twee benaderings onderskeibaar. Die benadering van Lijphart staan bekend as "konsosiasie" en berus op die veronderstelling dat etniese gemeenskappe geneig is om binne hulle eie "silo" hul politieke opinie uit te spreek, mee te ding vir steun, en aspirasies uit te leef. Die gevolg is dat die grondwet ontwerp moet word sodat gemeenskappe hul eie politieke partye kan steun, maar na die verkiesing moet daar verpligte magsdeling en koalisie-vorming tussen die leiers van partye wees — sogenaamde elite-samewerking. Die benadering van Horowitz staan bekend as "integrasie" en berus op die veronderstelling dat gemeenskappe aangemoedig moet word om van meet af tydens verkiesings saam te werk. Die politieke stelsels moet dus belonings inbou vir partye wat kruis-steun vanuit verskeie gemeenskappe ontvang. Koalisie word dus nie verplig nie, maar vloei vanuit eie-belang. Die kiesstelsels van Suid-Afrika en Kosovo reflekteer hierdie twee denkskole. In Suid-Afrika berus die kiesstelsel op proporsionele verteenwoordiging. Dit stel klein partye in staat om tot die parlement verkies te word. Die politieke kultuur en dominansie van die ANC is egter sodanig dat die uitslag van verkiesings steeds grootliks deur ras bepaal word, met ongeveer 90% swart kiesers wat ANC stem, en ongeveer 90% wit kiesers wat teen die ANC stem. Die integrasie-model van Horowitz het dus nog nie in Suid-Afrika tot effektiewe koalisie-regering aanleiding gegee nie. In Kosovo bestaan die kiesstelsel uit verskanste setels vir minderhede asook ‘n algemene proporsionele stelsel. Die konsosiasie-model van Lijphart lei egter daartoe dat die etniese partye poog om etniese verdeeldheid aan te wakker ten einde hul eie steun binne die verskanste setels te maksimaliseer. Die ervaring van die twee lande toon dat die benadering van Lijphart waarskynlik geskik is vir ‘n transisie (wat lank kan duur) alvorens die demokrasie en die politieke kultuur voldoende ontwikkel is om na die model van Horowitz oor te skakel.