Intellectual property rights flowing from universities

Authors A Brand, OH Dean

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 475 – 506

Abstract

IMMATERI\xc3\x8bLE GOEDEREREG EN UNIVERSITEITE: DIE IMPAK VAN HUIDIGE SUID-AFRIKAANSE WETGEWING OP INTERNASIONALE NAVORSINGSAMEWERKING Bo en behalwe onderrig, is navorsing een van die kernfunksies van Suid-Afrikaanse universiteite. Deur navorsing dra universiteite onder andere by tot globale kennisgenerering, innovasie, die opleiding van spesialiste en oplossings vir die gemeenskap, industrie en die regering. Verder word internasionalisering van universiteite gedryf deur hul navorsingsaktiwiteite. Kwynende regeringsbefondsing en studentefooie, lei egter daartoe dat universiteite al hoe meer afhanklik raak van buitelandse befondsing vir hul beoogde navorsingsaktiwiteite. Nie net is internasionale samewerking belangrik vir die broodnodige befondsingsgeleenthede wat dit bied nie, maar ook vir die samewerkingsgeleenthede met ander kenners en toonaangewende instansies. Hierdie internasionale samewerking en befondsing van navorsingsaktiwiteite word gewoonlik deur ‘n kontrak tussen die partye gere\xc3\xabl, waaronder immateri\xc3\xable goedere en die gepaardgaande regte aangespreek word. Aangesien universiteite gedeeltelik deur publieke fondse befonds word, skryf Suid-Afrikaanse wetgewing, soos Wet 51 van 2008 en die Valutabeheerregulasies voor hoe die immateri\xc3\xable goedere hanteer moet word. Hierdie voorskrifte moet dan ook deur universiteite oorweeg en nagekom word, voor ‘n kontrak met ‘n internasionale samewerker gefinaliseer kan word. Die gevolge hiervan blyk gewigtige verpligtinge en administratiewe laste op universiteite en hul internasionale samewerkers te plaas, meestal weens die leemtes, dubbelsinnigheid en onsekerheid wat in hierdie wetgewing bestaan. In hierdie bydrae word die impak en gevolge van die betrokke wetgewing ondersoek, bespreek en gekritiseer. Daar word betoog dat die wetgewer nie die aard van navorsing, die tipes immateri\xc3\xable goedereregte wat geskep word by universiteite en die onus van voldoening, behoorlik oorweeg het nie. Ten tye van ondertekening van ‘n kontrak, is navorsing dikwels in baie ‘n vroe\xc3\xab stadium wat aansienlike ontwikkeling vereis voor enige kommersi\xc3\xable toepassing daarvan kan geskied. Daar word aangevoer dat die huidige wetgewende bestel die klem plaas op kommersialisering en die voordele wat dit vir Suid-Afrika kan bied, ten koste van internasionale navorsingsamewerking. Die outeurs betoog dat die ware kommersi\xc3\xable potensiaal van die betrokke immateri\xc3\xable goedere oorweeg en gemeet word teen die sosiale en ander voordele van internasionale navorsingsamewerking. Wysigings aan die wetgewing word voorgestel om eksplisiete en implisiete struikelblokke uit die weg te ruim en om duidelikheid, sekerheid en die konsekwente toepassing van die wetgewing te verseker.