Land claims by indigenous peoples – litigation versus settlement?

Authors GN Barrie

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 344 – 366

Abstract

GRONDEISE DEUR INHEEMSE VOLKE — LITIGASIE OF SKIKKING? OPMERKINGS OOR DIE WEG VAN DIE RICHTERSVELD-LITIGASIE GEVOLG IN SUID-AFRIKA TEENOOR DIE VAN SKIKKING GEVOLG DEUR DIE NOONGARS VAN WES-AUSTRALI\xc3\x8b Alle sogenaamd "voorheen verowerde inheemse volke" deel steeds ‘n gemeenskaplike grief voortspruitende uit hul verhouding met die "veroweraar". ‘n Gemeenskaplike siening heers steeds dat die "veroweraar" die "verowerdes" van hul grond ontneem het en derhalwe verarm het. Die gemeenskaplike pleidooi bly steeds dat soos die verowerde gebied tot ‘n staat ontwikkel het, die verowerde inheemse volke nie alleen geen spesiale konstitusionele status toegeken is nie, maar ook "hul grond" kwyt is. Dit lei tot herhaaldelike aansprake op grondhervorming wat in die praktyk op grondeise neerkom. Hierdie aansprake kom in die vorige koloniale gebiede voor waarvan Suid-Afrika en Australi\xc3\xab voorbeelde is. In albei hierdie lande word ‘n beleid van grondhervorming gevolg. In Suid-Afrika is die grondhervormingsproses gebaseer op die Wet op die Herstel van Grondregte 22 van 1994 wat gepromulgeer is op grond van artikels 121-123 van die 1993-tussentydse grondwet (wat later vervang is met artikel 25(7) van 1996-grondwet). Die grondhervormingsproses in Suid-Afrika is die produk van die proses van demokratisering. In Australi\xc3\xab is die grondhervormingsproses op die federale regering afgedwing deur Mabo v Queensland (no 2) 1992 175 CLR 1 — ‘n beslissing wat allerwe\xc3\xab beskou word as die belangrikste en mees rewolusion\xc3\xaare hofbeslissing in Australi\xc3\xab se geskiedenis. Die bekendste beslissings wat in Suid-Afrika uit die grondhervormingsproses gespruit het is Richtersveld Community v Alexkor Ltd\xc2\xa02001 (3) SA 1293 (GEH); 2003 (6) SA 104 (HHA) en Alexkor Ltd v The Richtersveld Community\xc2\xa02004 (5) SA 460 (KH). Al hierdie beslissings en die litigasie wat dit voorafgegaan het, was geweldig tydsaam en het ontsaglike kostes tot gevolg gehad. Die vraag word in die artikel gestel of die Richtersveld gemeenskap — indien hulle aan die begin van die litigasie deur ‘n ooreenkoms met die regering naastenby aangebied is wat hul uiteindelik bereik het — nie ‘n skikkingsaanbod sou aanvaar het nie. Die eindresultaat van die litigasieproses was besonder voordelig vir die eisers gewees. In die geval van die massiewe grondeis van die Noongars — ‘n inheemse groep van Wes-Australi\xc3\xab met ‘n eis wat baie groter was as die eis van die Richtersveld gemeenskap, wat die stad Perth ingesluit het — is aanvanklik ook besluit om die eis in die howe te hanteer. In die loop van die litigasie, na baie kostes en uitgerekte regsargumente gelewer is in Bennell v State of Western Australia (2006) FCA 1243 en in Bodney v Bennell (2008) FCAFC 63 is besluit om eerder met die Wes-Australiese regering ‘n skikking aan te gaan. Die vraag word ook gestel of die Noongars, as hulle naastenby aanvanklik in ‘n skikking aangebied is wat hul op die einde bereik het, nie eerder ‘n skikking sou aanvaar het nie. Die Noongar-skikking is ‘n navolgingswaardige modus operandi wat as voorbeeld in Suid-Afrika — en elders — gevolg kan word by ingewikkelde grondeise. So ‘n skikking vermy ho\xc3\xab kostes, verspilling van tyd en veral politieke bitterheid. Die Makuleke-grondeisskikking is die eerste noemenswaardige grondeisskikking in Suid-Afrika en sal hopelik as ‘n voorbeeld vir soortgelyke toekomstige grondeisskikkings dien. Die grootste grondeis tot dusver in Suid-Afrika wat teen die eienaars van die Malamala wildreservaat aanhangig gemaak is in Mhlanganisweni Community v Minister of Rural Development and Land Reform (2012 ZALCC 7 (19 Apr 2012) is in 2014 met ‘n skikking afgehandel. Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het spesifiek aangevoer dat die skikking voorkom het dat die saak voor die konstitusionele hof beland. In Kanada, wat die meeste ervaring van grondeise van inheemse volke het, huldig die howe die mening dat skikking eerder as litigasie die aangewese modus operandi is om te volg. Hierdie mening blyk sterk uit Delgamuukw v British Columbia 1997 3 SCR 1010 en Tsilhqot’in Nation v British Columbia (2014) 374 DLR (4th). Laasgenoemde geding was die langste siviele geding in die Kanadese geskiedenis. Dit het oor 339 dae gestrek teen enorme kostes. Regter Vickers voor wie die saak gedien het, het die opmerking gemaak (par 1373) dat in ‘n ideale w\xc3\xaareld die aangeleentheid buite die hof geskik moes gewees het. Die artikel dui aan dat as dit kom by grondeise deur sogenaamde inheemse volke, in Suid-Afrika of Australi\xc3\xab of elders, is dit vir alle praktiese doeleindes verkiesliker om die skikkingsroete eerder as die litigasieroete te volg. REGTERLIKE HARDHORENDHEID "Die vorm van ‘rechterlijke hardhorendheid’ is zowel een methode van verzet als van rechtsbescherming" — Uzman "Enemies of the people — directe democratie en de rechter" 2017 RMThemis 199 205.