Regspraak: State delictual liability for police wrongdoing – judicial failures and errors

Authors: B Wessels

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 802-811
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a9

Abstract

In hierdie saak het ons weer eens te make met ’n eiser wat probeer om die minister van polisie middellik aanspreeklik te hou vir ’n delik wat deur een van sy werknemers gepleeg is. Dit is ’n voorbeeld van ’n saak waarin die werknemer iets doen wat ons kan beskryf as strydig met, of afwykend van, die take waarvoor die persoon aangestel is. Inderdaad, die pleeg van ’n geweldsmisdaad deur ’n polisieamptenaar is ooglopend strydig met die terme van sy of haar indiensneming. In sodanige gevalle behoort die hof die sogenaamde standaard-toets vir middellike aanspreeklikheid toe te pas. Dit sou behels dat daar vasgestel moet word of daar, ongeag die feit dat die werknemer subjektief gesproke opgetree het in die nastrewing van sy of haar eie belange, vanuit ’n objektiew oogpunt, ’n genoegsame noue verband getrek kan word tussen die delik en die werkgewer se doelwitte of besigheid. Die feite van die saak het die hof genoop om die gevestigde regsbeginsels, soos geformuleer en voorgeskryf deur die standaardtoets vir afwykingsgevalle, toe te pas. Die uitspraak gaan gebuk onder heelwat gebreke. In die eerste instansie is daar ’n versuim om die nodige feitelike omstandighede te skets. Dit maak dit baie moeilik vir die leser om die hof se argumente te volg. Voorts het die hof nie daarin geslaag om dit as ’n afwyking-saak te sien nie, met die gevolg dat die korrekte regsvraag nie geidentifiseer is nie. Inteendeel, die regsvraag wat die hof indentifiseer, skep die indruk dat middellike en direkte aanspreeklikheid met mekaar verwar is. Dit verras daarom ook nie dat die uitspraak nie die relevante regsbeginsels op ’n samehangende wyse beskryf of toepas nie. In die algemeen moet dit as ’n swak uitspraak beskou word. Die vonnisbespreking lig enkele van die swak punte uit in die hoop dat soortgelyke foute in die toekoms vormy kan word. In die finale instansie word daar ook in die bespreking enkele breë en algemene opmerkings gemaak oor die praktiese uitdagings en teoretiese implikasies van die staat se uitdyende deliktuele aanspreeklikheid.