Subverting the Promotion of Administrative Justice Act in judicial review

Authors Radley Henrico

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 288 – 307

Abstract

ONDERGRAWING VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID OP REGTERLIKE HERSIENING: DIE BRON VAN WESENLIKE ONSEKERHEID IN DIE SUID-AFRIKAANSE ADMINISTRATIEFREG Hierdie artikel behels ‘n bespreking van die probleem wat voortspruit uit die versuim van die howe om op konsekwente wyse nasionale wetgewing toe te pas soos vervat in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, wat uitvoering gee aan die grondwetlike reg tot regverdige administratiewe optrede. Die artikel ondersoek die ontwikkeling van die wettigheidsbeginsel as ‘n voorbeeld van ‘n aspek van die regstaat wat daarin geslaag het om aanspreeklikheid ten opsigte van die uitoefening van mag af te dwing in gevalle waar sodanige aanspreeklikheid nie ingevolge Wet 3 van 2000 sou ontstaan het nie. Die gebrekkige definisies en ingewikkelde omskrywings in die wet het daartoe gelei dat sekere regters die wetgewing bloot buite rekening laat of ignoreer en hulself direk verlaat op die grond-wetlike remedie van die wettigheidsbeginsel. Gevolglik word sekere sake beslis op grond van die wet en ander weer op grond van die buigsamer wettigheidsbeginsel. Hierdie lukrake en teenstrydige benadering is nadelig in twee opsigte. Eerstens skep dit twee strominge binne die regspraak in die administratiefreg, naamlik enersyds sake waarin die administratiewe optrede hersien word aan die hand van die wet en andersyds sake wat juis weer direk op die wettigheidsbeginsel gebaseer word. Tweedens is dit strydig met die subsidi\xc3\xaariteitsre\xc3\xabl aangesien regters nasionale wetgewing eenkant toe skuif en uitsprake direk baseer op die wettigheidsbeginsel. Die gevolg van beide optredes is dat regsonsekerheid geskep word oor die metode waarvolgens administratiewe optrede hersien word — regsonsekerheid vir applikante en prosedeerders maar ook vir regspraktisyns. NO DUTY TO PROSECUTE IN EVERY POTENTIAL CASE "’It has never been the rule of this country, I hope it never will be, that criminal offences must automatically be the subject of prosecution’. \xe2\x80\xa6 He pointed out that the Attorney General and the Director of Public Prosecutions only intervene to direct a prosecution when they consider it in the public interest to do so and he cited a statement made by Lord Simon in 1925 when he said: ‘there is no greater nonsense talked about the Attorney General’s duty than the suggestion that in all cases the Attorney General ought to decide to prosecute merely because he thinks there is what the lawyers call a case. It is not true and no one who has held the office of Attorney General supposes it is’" per Viscount Dilhorne Smedleys Ltd v Breed 1974 2 All ER 21 (HL) 33.