The effect of the transferor’s bankruptcy on the transfer of immovable property
Authors Tiddo Bos
ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 523 – 538
Abstract
DIE INVLOED VAN DIE OORDRAER SE INSOLVENSIE OP SY OORDRAGSHANDELING BY ONROERENDE GOED ‘n Skuldenaar wat insolvent raak, verloor sy beskikkingsbevoegdheid oor die vermo\xc3\xabnsbestanddele wat tot die insolvente boedel behoort. D\xc3\xadt volg uit artikel 20(1)(a) van die Insolvensiewet 24 van 1936. Hierdie bepaling beliggaam die inwerkingtreding van die concursus creditorum of die bevestigingsbeginsel in die insolvensieproses. Die outeur toon syns insiens met hierdie bydrae dat dit wel moontlik is dat die skuldenaar n\xc3\xa1 die intrede van die insolvensie in weerwil van die sogenaamde bevestigingsbeginsel \xc3\xb3f die inwerkingtreding van die concursus creditorum, steeds ‘n onroerende saak uit sy boedel regsgeldig kan vervreem. Di\xc3\xa9 moontlikheid bestaan omdat die registrateur van aktes die oordrag van ‘n onroerende saak kan voltooi nadat die sekwestrasiebevel reeds verleen is, maar voordat die registrateur berig ontvang het van die sekwestrasiebevel. Aangesien sodanige oordrag in die lig van die bevestigingsbeginsel nooit behoort plaas te gevind het nie, kan argumenteer word dat sodanige oordrag nietig is, of dat dit ter keuse deur die kurator vernietigbaar is. Dit is egter ook moontlik dat die oordrag as geldig beskou kan word. Die outeur bied in die bydrae argumente aan vir al die gemelde uitkomste, maar laat in die midde welke oplossing volgens die huidige Suid-Afrikaanse reg gevolg word. Die outeur betoog dat die erkenning van die geldigheid van die oordrag die mees wenslike uitkoms is. Di\xc3\xa9 oplossing is, met die oog op die belang van regsekerheid, na die mening van die outeur beter as ‘n uitkoms waarvolgens die bedenklike oordrag as vernietigbaar of nietig tipeer word. By die erkenning van die geldigheid van sodanige oordrag word die verkryger onvoorwaardelik (en onafhanklik van die wil van die kurator) die eienaar van die onroerende saak. Bowendien sal in die meeste gevalle die bedonge koopprys ho\xc3\xabr wees as die sogenaamde eksekusiewaarde van die saak. Handhawing van die transaksie verdien na die mening van die outeur die voorkeur selfs uit die oogpunt van die kurator en met inagneming van die belange van die ander skuldeisers van die oordraer se boedel. Indien die bedonge koopprys egter laer was as wat die te wagte eksekusiewaarde daarvan sou wees, moet die kurator oor ‘n remedie beskik om die dreigende waardeverlies van die boedel te verhinder. Die outeur betoog dat artikel 25(4) van die Insolvensiewet ‘n grondslag bied vir ‘n vordering deur die kurator ten behoewe van die boedel teen die verkryger van die onroerende saak indien die bedonge koopprys laer is as die eksekusiewaarde van die saak. Die outeur maak enkele aanbevelings wat toepassing kan vind ongeag die regstatus van sodanige oordrag van ‘n onroerende saak deur ‘n insolvent.