The parties to the employment relationship

Authors Marius van Staden, Stefan van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg; Affiliated with the University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2018, p. 539 – 568

Abstract

DIE PARTYE TOT DIE INDIENSNEMINGSVERHOUDING: ‘N VERGELYKENDE ONTLEDING Die identifisering van die partye tot die indiensnemingsverhouding is ‘n universele vraagstuk. Dit is dus gepas om die internasionale ervaring sowel as die ervarings van ander jurisdiksies te verken ten einde die Suid-Afrikaanse begrip daarvan te verhelder. Die bydrae verken hoe die standaarde van die Internasionale Arbeidsorganisasie lig kan werp op die vraag oor wie ‘n party tot ‘n indiensnemingsverhouding is. Die artikel verken relevante kwessies wat in ander regstelsels na vore gekom het. Die aspekte sluit onder andere in: definisies toepaslik tot die bin\xc3\xaare skeiding tussen werknemers en onafhanklike kontrakteurs; die verskil tussen werknemers en onafhanklike kontrakteurs; die toepaslikheid van die dienskontrak en faktore wat tersaaklik is vir die identifisering van ‘n indiensnemingsverhouding. Die bogenoemde vraagstukke word aan die hand van die regsposisies in Duitsland, Indi\xc3\xab, Kanada, Marokko, Namibi\xc3\xab, Nederland, Swaziland, Tanzani\xc3\xab, die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe toegelig. Die agt sleutelkonvensies wat die grondslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie se "decent work agenda" vorm, is op alle werkers van toepassing. Insgelyks geld verskeie ander internasionale arbeidstandaarde wat ondersoek is ten opsigte van alle werkers, hoewel sommige instrumente slegs op werkers wat as werknemers beskou kan word van toepassing is. Die Employment Relationship Recommendation, 2006 erken egter dat sommige werkers arbeidsbeskerming geweier kan word omdat hulle aan ‘n sekere werkskategorie behoort. In die besonder is dit geregverdig om onafhanklike kontrakteurs uit te sluit. Die ondersoek na die posisie in ander lande het getoon dat daar ander regs- en wetgewende reaksies tot die vraagstuk is. Terwyl die bestaan van die dienskontrak ‘n voorvereiste vir die bestaan van ‘n indiensnemingsverhouding in verskeie lande is, is daar voorbeelde waar die indiensnemingsverhouding sonder die sluiting van ‘n dienskontrak kan bestaan. In sommige lande bestaan daar geen wetgewende definisie van ‘n "werknemer" nie, terwyl ander lande uitgebreide definisies daarvan voorskryf. Verskeie lande ag sekere kategorie\xc3\xab van werkers as werknemers om sodoende enige onsekerheid oor hul status uit te klaar. Die regbank in verskeie lande sal die ware aard van ‘n werksverhouding handhaaf ten spyte van pogings om ‘n werkgewer, of werksverhouding, as iets anders uit te beeld. Die outeurs het ook die faktore ondersoek wat in ander lande aangewend word om die partye tot die indiensnemingsverhouding te bepaal. IN ‘N REGSTAAT KAN GEEN INMENGING DEUR ‘N MINISTER MET DIE ONAFHANKLIKE VERVOLGINGSGESAG GEDULD WORD NIE "Auf Ermittlungen Einfluss zu nehmen, weil deren m\xc3\xb6gliches Ergebnis nicht politisch opportun erscheint, ist ein unertr\xc3\xa4glicher Eingriff in die Unabh\xc3\xa4ngigkeit der Justiz" — Range (voormalige Generalbundesanwalt — hoof van die vervolgingsgesag) met sy voortydige pensioenering deur die minister van justisie, Maas (die huidige minister van buitelandse sake van Duitsland), toe die uitreiking van ‘n dagvaarding aan joernaliste om hul bron onder eed te openbaar in verband met ‘n terreurnetwerk waarteen opgetree moes word, as polities t\xc3\xa9 sensitief aangemerk is en Range, weens sy weiering om die minister se aanwysing te volg en die dagvaarding terug te trek, gevolglik vroeg gepensioeneer is (4-08-2015).