Void post-liquidation dispositions by companies and the validation of such dispositions in terms of section 341(2) of the Companies Act 61 of 1973

Author: W De Wet

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Attorney, Van Greunen and Associates Inc.
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2025, p. 298-316
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i2a5

Abstract

Soos uiteengesit in artikel 348 van die Maatskappywet 61 van 1973, word die likwidasie van ’n maatskappy geag ’n aanvang te neem die oomblik waarop die aansoek vir die maatskappy se likwidasie by die hof ingedien word, anders gestel, sodra die aansoek vir likwidasie deur die griffier van die hof uitgereik word.
In samehang met genoemde artikel, word aanvaar dat enige vervreemding van ’n maatskappy se bates na aanvang van die maatskappy se likwidasie nietig is tensy ’n hof anders gelas, soos vervat in artikel 341(2) van die Maatskappywet. Indien daar wel sodanige nietige vervreemdings van ’n maatskappy se bates sou geskied, ten spyte van die verlammende effek van voornoemde artikel 341(2), is dit te wagte dat die aangestelde likwidateur van die maatskappy die nietige vervreemdings sal terugneem sodat genoemde herwonne bates aangewend kan word ten gunste van die krediteure van die insolvente boedel van die maatskappy (die concursus creditorum). Verder is te verwagte dat die huidige bestel aanleiding gegee het tot die verskynsel dat die begunstigdes van genoemde nietige vervreemdings die hof om bystand versoek in die geldigverklaring van sodanige nietige vervreemdings, soos voorsiening voor gemaak ingevolge die bylaag tot artikel 341(2). Só ’n versoek vir die geldigverklaring is egter onderworpe aan die hof se diskresie om sodanige versoek te weier of toe staan, welke diskresie ’n ooglopend wye regterlike diskresie is, gelei deur ’n menigte veranderlikes. Die essensiële oorwegings sentraal tot hierdie diskresie is neergelê in regspraak tot op hede wat strek oor vele jare.
In hierdie artikel word geëvalueer hoe die tersake regterlike diskresie deur die Suid-Afrikaanse howe benader word maar ook hoe sodanige teoretiese toepassing van die diskresie vergelyk met dié van toepassing in Engeland in besonder ingevolge artikel 127(1) van die Engelse Insolvensiewet van 1986, welke artikel in ’n meerderheid opsigte identies is tot die voornoemde artikel 341(2) van die Maatskappywet. Gebaseer op die uitkoms van sodanige regsvergelyking, word sekere voorstelle vir regshervorming hierin gemaak.